Marta. Helena Hugo
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Marta - Helena Hugo страница 5

Название: Marta

Автор: Helena Hugo

Издательство: Ingram

Жанр: Религия: прочее

Серия:

isbn: 9780796317599

isbn:

СКАЧАТЬ is lief vir sy ma. Sy was nog altyd sy heldin – bedrywig toe sy nog gesond was en aan die hardloop en woel en werk in en om die huis, by die skool en agter die klavier en orrel. Hoeveel kinders het sy geleer, hoeveel skoolkonserte en kore afgerig, hoeveel keer self opgetree? Hy wonder of iemand dit getel en neergeskryf het. Sy was elke dag by die skool en elke Sondag agter die orrel. Daar was Paasuitvoerings en Kers­konserte, optredes op buurdorpe tot selfs in Stellenbosch en die Nico Malan. Sy was bekend en bemind. Sy kon vandag wêreldberoemd gewees het. Maar sy het Gideon Swanepoel en die eenvoud van die Weskus gekies.

      “Ek kan nie wag om haar te ontmoet nie.”

      “Mamma, dit hang alles af van haar pa se gesondheid. Hy moet eers herstel voor ons alles finaliseer en weer hiernatoe kom. Mamma verstaan mos.”

      “Ja, julle was landuit en as sy my dogter was – sy word nog my dogter – sou ek ook lang ure met haar wou beraadslaag oor alles wat met so ’n geleentheid gepaardgaan. Julle trou seker in Pretoria?”

      “Dit is nog nie ’n uitgemaakte saak nie.”

      “Wil julle hier kom trou?”

      Deon skep kweperkonfyt op sy brood. “Hoekom nie?” vra hy geheimsinnig.

      Hulle het dit genoem, Gunther onthou die gesprek.

      “Haar pa het pas ’n groot operasie ondergaan. Hy kan nie so ver reis nie.”

      Gunther het al vergeet hoe onselfsugtig hul ma kan wees. Sy is ook nie reisvaardig nie, maar sy dink al weer eerste aan iemand anders.

      “Ons sal alles oorweeg,” sê Deon verstandig. “Die konfyt is wraggies lekker.”

      “Julle het dit seker nie daar anderkant gekry nie?”

      Hul pa het oud geword. Sy skouers hang, sy vingers is die ene artritis. Hy lyk vir Gunther verwaarloos. Hy kyk van sy pa na sy ma. Die koningin en die stalkneg, dis wat hulle is.

      “Wat het julle daar oorkant geëet?”

      “Alles wat ons wou hê en wat in potjies en blikkies van ander wêrelddele ingevoer kan word, maar nie sulke kweperkonfyt nie.”

      Iets sal vir sy pa gedoen moet word en hy kan nie. Hulle het nog nie swaarde gekruis vandat hy tuis is nie, maar in die verlede was hulle dikwels haaks en hy durf nie persoonlik raak nie. Maar sien sy ma dit nie raak nie? Pla dit haar nie dat hy so verslete is nie? Of kyk sy by hom verby – by die ou man – en sien hom soos hy veertig jaar gelede was. Hul liefdesverhaal het Gunther nog altyd verstom. Dis ’n wonderwerk dat twee mense so verskillend van opvoeding en agtergrond tot mekaar aangetrokke kon raak en mekaar kon aanvul en opbou en liefhê tot in hul gryse ouderdom. Maar dit het gebeur en dit kan weer gebeur. Hang af wat jy in ’n maat soek, of wie?

      “En jy, Gunther?”

      Amper skrik hy toe hy sy naam hoor.

      “Mamma?”

      “Wanneer kom wys jý jou aanstaande bruid?”

      “Ek wil Deon eers kans gee.”

      “Is daar iemand?”

      Sy ma se oë is so blou soos die see by Capri. En uit die bloute onthou hy die Italiaanse meisie wat hy soontoe geneem het. Haar naam was Lucinda. Hy het byna kop verloor daardie vakansie. Gunther bloos en kyk af. Vreeslik dat sy ma se oë hom aan Lucinda moet herinner.

      “Jy bloos,” terg Ciska en leun verder vorentoe.

      Hy skud sy kop. “Nee, Mamma. Daar is niemand.”

      “Nie dat hy nie sy kans waargeneem het om hulle uit te toets nie,” terg Deon.

      “Wie praat?” brom Gunther.

      Deon is nie onskuldig nie. Maar Gunther het hom voorgeneem om niks te vertel nie. Deon is werklik innig lief vir Chanté en Gunther gun hom dit.

      “Jou tyd raak min,” vermaan sy pa.

      “Gun my ’n jaar of twee, dan verras ek julle ook.”

      “Toe ek julle ouderdom was, was ek en jou ma al gevestig en julle twee sulke kannetjies.” Die ou man wys effens bo tafelhoogte.

      “Julle was ook maar laat vir daardie dae,” verweer Deon.

      “Ja,” sug hul pa.

      Ciska tel die silwerklokkie op en lui vir Eva om af te dek.

      Gunther sal wag tot Deon Pretoria toe is voor hy hulle van sy droom vertel. Laat sy broer eers behoorlik kuier. Dit duur dalk maande voor hy en Chanté hul toekoms bevestig. Maar syne is onsekerder as hulle s’n en hy moet nog te veel veg teen die twyfel. Geloof soos ’n mosterdsaadjie, het Jesus vir sy dissipels gesê, dis al wat jy nodig het om bome te ontwortel en berge te verskuif. Soms voel dit of sy geloof net te klein is, kleiner as selfs die kleinste spikkeltjie wat jy met jou blote oog kan sien.

      Drie

      “Marinda?” Dis die eerste keer dat Marta die vroutjie wat in mevrou Visser se huis woon van naby sien.

      “Dis ek, maar …”

      Sy byt haar lip vas en kom nie verder met haar sin nie. Dit lyk of sy elke oomblik gaan omdraai en vlug.

      “Jy is by die regte huis,” stel Marta haar gerus en wys na haar beskeie uithangbordjie bokant die voordeur. “Ek het besigheidsregte, die stadsraad was baie tegemoetkomend. Almal weet van my. Die naambord is vir besoekers. Kom binne.”

      Sy sit die gieter waarmee sy haar stoepplante natgemaak het, langs die houtbankie neer. Daar staan twee potte met begonias waarby sy nie uitgekom het nie, en as sy die gieter hier sien, sal sy onthou. Sy loop vooruit en die vroutjie volg haar soos ’n trapsuutjies. Die deur na die kamer wat Marta as salon laat inrig het, is oop en sy staan terug sodat haar kliënt eerste kan instap.

      In die ou dae was dit die stoepkamer waar haar broers geslaap het. Sy het pype van die buitekraan af laat aanlê, wasbakke en haardroërs laat installeer, die plankvloere uitgehaal en met teëls vervang, die plafon wit en die mure nartjiegeel geverf – toe groot spieëls, geraamde sjampoe-advertensies en plakkate van beroemde skoonhede met mooi hare opgehang.

      Die tydskrifrakkies is netjies reggepak, die trollie met rollers en kammetjies blinkskoon, alles op hul plek, geen teken van oom Ollie se hare op die skitterblink vloer nie. Die nuwe vroutjie het niks om oor te kla nie, trouens, niemand het iets om oor te kla nie. Marta se eie klein salon vertoon te eniger tyd net so professioneel soos Progress in die Kaap.

      Sy wys na die stoel voor die middelste spieël. “Sit maar.”

      Marinda gaan sit onseker, voel-voel na die stoel agter haar asof sy seer bene het. Haar skouertjies lyk soos die geraamte van een of ander afvlerkvoëltjie. Haar beentjies is so maer, die stywe jean sit lossies.

      Was die probleme tussen haar en haar man so erg dat sy siek geword het daarvan?

      Marta kry haar jammer, maar sy vra nie uit nie. Mense praat vanself wanneer sy met hul hare werk en oom Ollie het haar vanoggend klaar moeg gemaak СКАЧАТЬ