Elke vrou vir haarself. Elize Parker
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Elke vrou vir haarself - Elize Parker страница 8

Название: Elke vrou vir haarself

Автор: Elize Parker

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780798164658

isbn:

СКАЧАТЬ kom, laai haar by die balletklas af en sorg dat sy haar huiswerk doen.

      By die huis val Carine moeg op haar bed neer. Sy maak seker Elma is in die kombuis besig voordat sy die musiekkassleutel uithaal en dit oopsluit. Wanneer die wêreld druk, is die kissiegeskenk van Adri haar troos. Die porseleinballerina wip op voor die spieël en pirouette. Tot Carine se ver­basing is daar vandag ’n brief in haar kassie. Sy trek die enkele vel skryfpapier uit die koevert.

      Liewe Carine

      Ek skryf vir jou die briefie omdat ek bang is jy gaan vir my kwaad wees. Ek moet vandag uit Kaapstad na ’n ander dorp vertrek om meer van kuns te leer. Ek wil dit nie doen nie, maar dit kan nie anders nie. Ek gaan jou mis.

      Miskien kom ek sommer gou terug om jou te sien. Moet asseblief nie vir iemand van die brief sê nie, anders sal ek in die moeilikheid kom. Sodra ek kan, sal ek jou bel.

      Baie liefde, Adri

      Daar is ’n klop aan haar deur en Carine steek vinnig die brief in die musiekkassie weg. Sy sluit die deur oop en laat Elma inkom. Die brief is haar en Adri se geheim. Adri beskerm haar altyd teen almal.

      Elma vou haar balletklere op. Carine gaan sit moeg op haar bed en lê teen die kussings.

      “Is daar fout?” vra Elma bekommerd.

      “Ek voel flou. Ons het hard geoefen. Ek wil bietjie slaap.” Carine krul haar in ’n bondel teen haar kussings op en maak haar oë toe. Elma trek die gordyne toe en gooi ’n kombers oor Carine. Dit sal goed wees as sy slaap. Toe Elma haar rustige asemhaling hoor, trek sy die deur toe.

      Carine wag totdat sy gangaf is en haal die musiekkassie onder haar bed uit. Sy sluit die brief toe en bêre die sleutel. Sy wonder of Adri en Richard saam weg is om te trou. Hoe opwindend! Sy hoor Elma nader kom en maak haar oë toe. Sy wil nie gesteur word nie.

      Sy wil oor Adri en Richard dagdroom.

      Die volgende oggend stap Emmie sonder enige aankondiging Richard se kantoor binne en plaas ’n koevert voor hom. “Adri het dié vir jou op haar bed gelaat. Ek dink sy is vir goed weg. Toe ek gisteraand by die huis kom, was haar kamer ontruim. Die brief aan jou het op haar bed gelê.” Sy kyk onderlangs na hom. “Wil jy daaroor praat?” vra sy toe hy die brief ontsteld in sy bosak druk. Hy skud sy kop en Emmie stap uit. Hy druk die deur agter hom toe.

      Richard skeur dadelik die koevert oop:

      My liefling,

      Ek is jammer ek moet op hierdie manier uit jou lewe verdwyn, maar dit kon nie anders nie. Ek het ’n kans om oorsee kuns te studeer. Ek kan nie van jou verwag om jou toekoms daarvoor op te offer nie. Ek is bang as ek jou persoonlik sê, sal ek bly en die kans laat verbyglip.

      Moet my asseblief nie probeer soek nie. Vir ons al twee se beswil. Ek sê niemand waarheen ek gaan nie. Ek wil vir ’n rukkie ’n alleenloper wees. Niemand weet watter rol jy in my lewe gespeel het nie. Kom ons hou dit so.

      Ek hoop jy word ’n hotelmagnaat. En mag jy jou eerste miljoen voor veertig maak.

      Liefde, Adri

      Sy klink alleen, so ontsettend eensaam, dink Richard. Vir ons al twee se beswil. Hy gooi die brief neer en gaan staan voor die venster.

      Dit is alles Emmie se simpel hotelbeleid se skuld. As dit nie bepaal het dat personeellede nie in verhoudings met mekaar betrokke mag raak nie, kon hy en Adri open­lik ’n verhouding gehad het. So ’n verhouding kon gouer tot wasdom kom. Sy sou hom nie vir ’n kunskursussie gelos het nie. Adri is geen student nie. Daarvoor is sy te prakties.

      Het Emmie van hulle verhouding uitgevind? Hy frommel die brief op toe die telefoon lui. Emmie se sekretaresse versoek hom om na haar kantoor te kom.

      Sy staan met haar rug na hom, haar oë op Tafelberg gerig, toe hy die vertrek binnestap. “Jy sal ’n plaasver­vanger vir Adri moet vind,” sê sy sonder enige gevoel in haar stem. “Sy het ook vir my ’n brief gelos. Na alles wat ek vir haar gedoen het, verdwyn sy sommerso. Wat gaan ek vir Carine sê? En vir Nelia?”

      Dit is op die punt van sy tong om vir Emmie te sê hy is jammer as hy moeilikheid tussen hulle twee gemaak het. Hy onthou Adri se versoek in die brief. Hoe minder hy sê, hoe beter. Hy moet vir tyd speel. Moontlik is sy op L’Agulhas. Hy sal soontoe ry en kyk of sy daar is. Asof Emmie sy gedagtes lees, sê sy: “Sy is nie op L’Agulhas nie. Ek het iemand soontoe gestuur. Ek is siek van bekommernis. Die drie susters was vir die eerste keer in jare weer bymekaar. Hoe kon sy Nelia en Carine sommerso los?”

      “Adri is ’n kunstenaar. Hulle doen dinge anders as ons,” sê hy en stap sonder ’n verdere woord reguit vanaf Emmie se kantoor na die orgideëhuis. Hy sak moedeloos op die bank neer. En wéét: sy eerste blik van Adri, besig om orgideë hier te skets, sal hom altyd bybly.

      9

      “Dit is ’n malhuis,” sê Nelia ’n paar maande na Adri se vertrek op ’n dag vir die ontvangsdame toe sy deur die voorportaal van die Hotel Woltemade beweeg. Die Kaap se besigste toeristeseisoen het eergister afgeskop. Clifton bars uit sy nate en op die Wynroete vloei die voggies. Sy het so pas by Emmie gehoor sy is tot senior konferensiebestuurder bevorder, die kroon op maande se harde werk.

      Toe sy by haar kantoor instap, wag ’n aantreklike donkerkopman op haar.

      Nelia se eerste gedagte is dat hy glad nie soos die publisiteitsfoto lyk wat sy vir die konferensieprogram ontvang het nie. Sy olyfgroen oë is wel net so onverstoorbaar en kalm, maar sy nek lyk sterker en sy skouers breër. Sy lyf lyk gespierd en ferm onder sy stylvolle pak. Haar blik glip van sy spierwit hemp tot sy blinkgepoleerde skoene. Peter Becker is duidelik ’n man wat daarvan hou om goed te lyk en goed te voel. Daarby is hy oorrompelend manlik. Selfs sy blik laat haar gewigloos voel.

      “Peter Becker,” sê hy toe hy sy hand uitsteek. “Ek neem aan jy is Nelia Keet.”

      Nelia neem sy uitgestrekte hand in hare. Tot haar verbasing lig Peter Becker haar hand na sy lippe en plaas ’n Franse kus daarop. “Vir iemand met soveel styl is ’n gewone handdruk nie goed genoeg nie.”

      “Baie welkom by ons,” sê Nelia en dink by haarself: bly kalm, bly kalm. Jy tref nie elke dag vir Peter Becker, hotel­­magnaat, in jou kantoor aan nie. Sy dink aan sy kort lewensbeskrywing wat sy vir die programnotas moes ver­sorg. As die seun van ’n bekende sakeman was Peter ook vroeg in sy lewe honger vir sukses. Hy het vasberade en versigtig die familiesakeryk verder uitgebou. Sy sterk karakter en aanvoeling vir eiendom en die hotelbedryf het hom hier in sy middel dertigerjare reeds ongekende sukses besorg. Sy weet sy personeel het eindelose agting vir hom as ’n praktiese denker met ’n kalm en betroubare per­soonlikheid.

      “Het jy tyd vir ’n koppie koffie?” vra sy sjarmant en wys na die sonnige buitestoep waar hotelgaste vir ontbyt plaas­neem. Hy aanvaar haar uitnodiging en hulle stap na die stoep.

      Peter Becker evalueer met een blik die uitstekende ligging van die Woltemade. Die hotel lê soos ’n juweel binne die groen massa bome. Min van sy eie hotelle het hierdie soort ligging binne ’n stad met ’n internasionale toeristereputasie. Die Woltemade kan net ’n aanwins vir sy hotelgroep wees.

      Hy stap saam met haar na die sonstoep. Nelia bestel koffie en gesels oor die hotel. “Ek kan jou reeds ’n voorlopige konferensieprogram gee as jy wil.”

      “Die konferensie is ’n bysaak. Ek is hier om СКАЧАТЬ