Название: Te eenders, te anders
Автор: Elsa Winckler
Издательство: Ingram
Жанр: Эротическая литература
isbn: 9780624057673
isbn:
Nadia klim in en skakel die motor aan. Terwyl sy haar gordel vasmaak, kyk sy spottend na Aileen.
“Soos ek sê, die man druk behoorlik jou knoppies.”
Aileen wil haar vervies, maar dan glimlag sy eerder half verleë. “Twee rooikoppe. Wat kan jy anders verwag? Ek sal maar môre weer na die plek in Andringastraat gaan kyk. Dalk lyk dit nou vir my beter.”
“Kom laai my etenstyd op, ek kom saam. Ek dink steeds Dorpstraat is ’n beter adres, maar ons gaan kyk.”
3
Allen draf die treetjies op na sy ma se voordeur. Hy is nie ’n oggendmens nie, en ná sy rondrollery van die vorige nag is hy in ’n vieslike bui. Maar vir sy ma sal hy enigiets doen en wanneer sy vra dat hy voor sy eerste vergadering by haar moet inloer, dan doen hy dit.
Sy ma is die glimlag in sy lewe, sy veilige hawe. Hy was in matriek toe sy pa skielik oorlede is. ’n Saketransaksie wat skeefgeloop het, het sy pa finansieel en emosioneel geknak. Van die groot, vriendelike man wat Allen voorheen geken het, het min teen die einde oorgebly. Al wat Allen vandag regtig onthou, is die waarskuwing wat sy pa tydig en ontydig aan hom en sy suster gerig het: Moet niemand vertrou nie. Veral nie in die sakewêreld nie.
Dis ’n waarskuwing wat hom al baie gehelp het in sy loopbaan en dis waarskynlik die hoofrede hoekom hy op vyf-en-dertig reeds finansieel so sterk is dat hy netsowel kan aftree.
Nog voordat hy kan klop, pluk sy ma die voordeur oop en is hy toegewikkel in ’n omhelsing. Vir ’n oomblik hou hy haar styf vas. Sy ruik na ma, na vars koffie en beskuit, na huis.
“Dankie dat jy ’n draai kom maak. Ek het vir jou ontbyt gemaak.”
“Ma, ek het nie tyd nie . . .” begin hy terwyl hy agter haar aanstap in die rigting van hemelse geure.
“ ’n Mens het altyd tyd om te eet. Sit,” beveel sy, en hy hou op stry. Sy maag het in elk geval nou oorgeneem en hy kwyl behoorlik.
“Hoe gaan dit met Marla? Ek het lanklaas met haar gepraat.” Sy suster is in elk geval nogal vir hom ’n misterie.
“Jou suster werk soos ’n besetene aan die nuwe reeks. Die modeweek is een van die dae en daar is glo nog vreeslik baie wat moet gebeur. Maar sy kom Sondag deur vir ete. Ek het gehoop jy kan ook kom?”
“Klink lekker. Ai, die Marla . . . Dat julle twee albei met BSc-grade sit en heel happy is om heeldag met lap te speel, sal ek nooit lekker verstaan nie.”
“Marla is ’n beroemde modeontwerper, sy speel nie! Om te skep maak ons gelukkig. Dis ons passie. Nie almal wil heeldag in ’n kantoor sit nie. Ons wil iets nuuts maak, of dit nou van lap of wat ook al is. O, wat my laat dink! Ek het ’n baie oulike meisiekind ontmoet,” sê sy ma terwyl sy vir hom spek en eiers skep. Sy skuif die roosterbrood nader en gaan sit.
“Ja?” Ondervinding het hom geleer wat om te doen wanneer sy ma van oulike meisiekinders begin praat. Hy moenie baklei nie, sy steur haar niks daaraan nie. Hy kan ook nie te geïnteresseerd lyk nie, want dan het hy ’n afspraak nog voordat sy klaar gepraat het. Die beste is om so min as moontlik te sê.
“Ag toe, jy. Ek probeer nie vir jou ’n date reël nie, jy het genoeg los flossies wat om jou ronddans. Hierdie meisie sal in elk geval glad nie by jou pas nie. Wat jammer is, want sy is die mooiste meisiekind wat ek in jare gesien het.”
Allen se wenkbroue skiet op. “Dis die eerste keer dat ek daardie woorde uit Ma se mond hoor! Gewoonlik is die meisie waarvan Ma praat net die regte een vir my.”
“Ja, maar dit was voor ek geweet het watter tipe temperament jy het en watter persoonlikheidstipe jy is.”
“Waarvan praat Ma nou?” Hy kry dit nie heeltemal reg om die irritasie uit sy stem te hou nie. Ai tog, dié ma van hom!
Sy ma fladder haar hande in sy rigting. “Ek het my altyd so verknies oor jou. Jy werk so hard en sulke lang ure en die ou meisietjies wat jy date, is sulke ou leëkop-goedjies en hou nooit lank nie. Maar nou verstaan ek.”
Allen glimlag. “Watter kwasisielkundige se boek het Ma nou weer beet? Ma het nou maande lank oor die ‘secret’ gepraat wat Ma glo gekry het. Was dit toe nie die laaste antwoord nie?”
Sy ma lig haar wysvinger kamstig streng in sy rigting. “Hierdie is honderd persent wetenskaplik. Volgens die Myers-Briggs-indeling van persoonlikheidstipes het mense nou eenmaal verskillende persoonlikhede. Daarom weet ek jy sal nie by daai oulike kind pas nie. Tog jammer, maar nou ja.”
Hoogs geamuseerd eet Allen die laaste happies van sy ontbyt. “O, ja? En watse soort persoonlikheid sou Ma sê het ek?”
Sy spring op en gryp ’n notaboekie wat op die kombuisrak lê. “Ons het gisteraand by die besprekingsgroep ’n baie interessante spreker gehad wat vir ons die hele ding verduidelik het. Eers van temperamente en toe van persoonlikhede. Laat ek sien,” prewel sy en lig haar leesbril wat altyd om haar nek hang op.
“Hmmm, hier is dit. Jy het die temperament van ’n ChlorMel,” roep sy ma triomfantlik uit. “Dis hoekom jy so ’n onmoontlike mens is. Luister hier,” en met haar vinger in die lug begin sy lees: “Die ChlorMel is hardwerkend, ingestel op detail, verbaal aggressief, baie outokraties en eiewys. Klink iets hiervan vir jou bekend?” vra sy en kyk hom bo-oor haar bril aan.
Allen lag. “Die eiewys-deel? O ja, vir seker. Dis my ma daai!”
Sy ma pluk haar bril af en kyk hom vies aan. “Dis jý wat hier beskryf word! Luister,” en sy lig weer haar bril op om te lees: “Choleriese mense is geneig om dominerend te wees en wil in beheer wees van alles. Die melancholiese persoon is weer perfeksionisties. Dink jy nie die twee saam som jou perfek op nie? Dis hoekom jy vir jou meisietjies uitsoek wat nie veel tussen die ore het nie. Hulle val in by al jou planne en wil nie in beheer wees nie. Voeg daarby jou fobie om enigiemand te vertrou . . .”
“Dis nie waar nie.”
“Ek was baie lief vir jou pa, maar vandat hy so ingeloop is, het hy baie bitter geword. En ek weet baie van wat hy gesê het, het jy absorbeer.”
“Die rede hoekom ek suksesvol is in besigheid, is juis omdat ek versigtig is. Jy kan nie elke mens vertrou nie. Ja, ek het dit by Pa geleer, maar ek glo nie dis ’n slegte ding nie.”
“Dit raak ’n slegte ding as jy niemand naby jou wil toelaat nie. Daarom die flossies. Jy weet jy sal nooit oor een van hulle ernstig raak nie. En jy is altyd in beheer.”
Allen glimlag. “In beheer wees, sê Ma? Ek ken nog so iemand . . .”
Sy ma ignoreer hom en lees verder uit haar notas. “En jou persoonlikheidstipe sou ek sê is ENTJ. Die E staan vir ekstroversie – dit dui op die invloed van die eksterne wêreld op jou, jou ingesteldheid op die dinge buite jou. Die N is vir intuïsie, dit gaan oor die manier waarop jy inligting versamel. Jy is meer geneig om inligting te vertrou wat abstrak en teoreties is. Jou benadering tot probleemoplossing is intuïtief en innoverend. Die T staan weer vir Thinking. Anders as die J-persoonlikheid, neem jy besluit op ’n objektiewe, rasionele, logiese en konsekwente manier. Die J staan vir judging. Dit dui daarop dat jy tot definitiewe konklusies en waarde-oordele kom. J-persone is gewoonlik ook meer linkerbrein-georiënteerd. Jy is een van life’s natural leaders. En jy’s reguit,” sy skep asem СКАЧАТЬ