Название: In gesprek met God
Автор: Milanie Vosloo
Издательство: Ingram
Жанр: Религия: прочее
isbn: 9780796315885
isbn:
My lofprysing verwelk
soos ’n veldlelie.
My wortels is verwronge
in my aardse bestaan;
hulle anker my nie meer in U nie.
Eintlik is ek
verdor, verlep, verwelk
bidloos, woordloos, geesloos –
dood.
Stuur asseblief u waters wat lewe gee
sodat dit my gees weer verfris.
Syfer deur my wese
totdat ek opbruis in u fontein van liefde.
Versoeking
Ek’s sonde-verwen, Here,
verdwaal in my donker menswees, verwese op soek na U.
Skeur my weg. Draai my om na u Lig.
Was my suiwerskoon, beeldskoon.
Asseblief?
Mosterdsaadjie
Dis so maklik om van U te vergeet.
Die wêreld hou ons so besig. Ons hardloop almal in sirkels; probeer ons lewe vol maak met besigweesgoed …
soek plesier, mag, status, geld, blink goed –
en dan bly ons dolleeg … in ons niks-lewe.
Ek is moeg gesoek, Here!
Ek erken vandag dat ek U nodig het.
Vul my hele wese met U.
U gee genade, vrede, wysheid, liefde … U gee lewe.
Ek is maar ’n klein saadjie in u groot heelal.
Maar ek bly van nou af in die rykdom van u grond en wag dat U my sterk sal maak,
sal laat groei in my liefde vir U.
Laat my régtig leef:
nou, en altyd.
In stryd met God
Tweegeveg
Vader, dankie dat U my nie wegvee
wanneer ek met U baklei nie, maar dat U stil-stil luister en my saggies help
om u volmaakte antwoord te hoor
(en soms selfs te verstaan).
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.