Название: Wanpraktyk
Автор: Andries Samuel
Издательство: Ingram
Жанр: Зарубежные стихи
isbn: 9780798155694
isbn:
Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van wanpraktyk mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings op hul leestoestel vir verskillende perspektiewe op die gedigte.
vir anouk
vir karen
“… there’s a moment when love makes us believe in death for the first time. You recognize the one whose loss, even contemplated, you’ll carry forever, like a sleeping child. All grief, anyone’s grief …
is the weight of a sleeping child.”
– anne michaels – fugitive pieces
en toe ek langs jou oor die draad kom leun
voel ek my vel ril
en uitslaan in knoppies
nie hoendervleis nie, maar iets soos
? botsels
– barend j. toerien
bruinoogdogter uit ’n plek op die land – catskillverse
ykgedig
uit die pentateug, met bietjie proverb en profeet
daar word gesê, só:
’n gomer vol, ’n verseboek
moet bewaar word vir julle nageslagte
dat hulle die brood kan sien
wat julle in die woestyn moes eet
toe julle uit onderdrukking kom
wie sal kan sê:
is daar behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid?
in navolg en na-amen van dies wat weet?
kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer
om te luister beter as die vet van ramme
elke weg van ’n mens is reg in sy eie oë
maar woorde is die toets vir harte
iemand het gesê:
jy erken die een wie se verlies
jy vir altyd gaan dra, soos ’n slapende kind
alle verdriet, almal se verdriet
is die gewig van ’n slapende kind
elders lees mens, hoog aangeprys:
twee soorte gewig is ’n gruwel
en ’n valse weegskaal is nie goed nie
jy mag nie twee soorte weegstene
’n grote en ’n kleintjie, op jou tong hê nie
jy mag in jou huis nie twee soorte efas hê nie
jy moet ’n volle en regte gewig hê
jy moet ’n volle en regte efa hê –
sodat jou dae verleng mag word
julle mag geen onreg doen
in lengtemaat, gewig of inhoudsmaat nie
julle moet ’n regte weegskaal hê, regte weegstene
’n regte efa en ’n regte hin
(wat de fok beteken dit?)
in die land wat julle gegee is
moet julle sy opbrings oes
moet julle die eerstelingsgerf
die eerste omer van julle oes
na die priester bring
volgens die sikkel van die heiligdom
word vir die eersgeborenes betaling geëis:
is dit iemand van ’n maand oud tot vyf jaar,
dan moet jou skatting vir die manlike geslag vyf sikkels silwer wees
en jou skatting vir die vroulike drie sikkels silwer
want hy vra dit self, ons eie god:
hoe bly mens rein by ’n valse weegskaal
en ’n sak vol bedrieglike gewigte?
ek weeg my daagliks
daagliks by die verdriet van ’n kind
my dogtertjie –
my dogtertjie
is ’n geitjie
sy bak in liefde
soos in son
vlakke mure en plafon
maak haar vasklou niks
haar klewerige vratpootjies
het my beet
haar fynsliertstertjie
krul my om
(tel СКАЧАТЬ