Название: Ko lat ons sing
Автор: Adam Small
Издательство: Ingram
Жанр: Зарубежные стихи
isbn: 9780795703829
isbn:
kom Djy o Here Jesus ons verlos
o dank
dank
dank
dank
o dankie God
dja dank
dank
dank
dank
dja dankie God
óns die swart voëls
óns die bryn voëls
óns moet die kroes yt krotte en pondokke
die swart en bryn voëls yt djou vyler hokke
yt Distrik Ses
yt Windermere
yt Cook se Bos
kom Djy o Here Jesus ons verlos
Djy stil ons honger en Djy les ons dors
Djy gie ons soes die lielies van die velde kos
o dank
dank
dank
dank
o dankie God
dja dank
dank
dank
dank
dja dankie God
o dankie God Djy gaan ons nie verby
dja dankie God Djy gaan ons nie verby
Doemanie
’n Proefiet van Jesus djý?
’n proefiet?
djy moet djou palys-hys
djy moet djou aeroplane-motorkar
djy moet daai kamma sêd smile van djou
en djou tears
en djou woerawarra op die pulpit
moet djou skorrelsvol braai-atappels en -vleis?
djou hys ’n woestyn? nou sal mens djou verbeel!
en hoe lyk dit moet djou kale pote vi’ daai streamline ding
hoe lyk dit moet djou toega vi’ die vel van ’n kameel
hoe lyk dit moet daai skorrelsvol vi’ sprinkane en wille hiening?
Die Here het gaskommel
Lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas
’n sigaretjie en ’n kannetjie Oem Tas
en dis all right pêllie dis all right
ons kannie worry nie
’n sigaretjie en ’n kannetjie Oem Tas
en ’n lekker meid en lekker anner dinge
oe!
lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas
wat daarvan
wat daarvan
wat maak dit saak
soes die Engelsman sê it cuts no ice
die Here het gaskommel
en die dice het verkeerd gaval vi’ ons
daai’s maar al
so lat hulle ma’ sê skollie pêllie
nevermind
daar’s mos kinners van Gam en daar’s kinners van Kain
so dis all right pêllie dis all right
ons moenie worry nie
Via dolorosa
Bruinman
hoekom kommer?
bruinman
hoekom kwaai word?
bruinman
hoekom bitter?
bruinman
bruinman
bruinman
hoekom kommer?
bruinman
hoekom kommer?
jy’t die kitaar
oor jou skouer
– die strop trek nouer en nouer –
maar jy’t die kitaar oor jou skouer,
bruinman
hoekom kommer?
bruinman
hoekom kommer?
die aarde is aan jou voete
– straf is swaar en so ook boete –
maar die aarde is aan jou voete,
jy’t die kitaar oor jou skouer,
bruinman
hoekom kommer?
bruinman
hoekom kommer?
die son glans teen jou voorhoof
– die lig word dof, die lig doof –
maar die son glans teen jou voorhoof
die aarde is aan jou voete,
jy’t die kitaar oor jou skouer,
bruinman
hoekom kommer?
Eksegese I
СКАЧАТЬ