Fees van die ongenooides. PG du Plessis
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Fees van die ongenooides - PG du Plessis страница

Название: Fees van die ongenooides

Автор: PG du Plessis

Издательство: Ingram

Жанр: Контркультура

Серия:

isbn: 9780624052616

isbn:

СКАЧАТЬ

      Fees van die ongenooides

      PG Du Plessis

      Tafelberg

      Die skrywer bedank die volgende persone:

      Kolonel Frik Jacobs van die Oorlogsmuseum van die Boere-republieke, Bloemfontein, vir die lees van die manuskrip; Leandré Hanekom wat met ’n ou handgeskrewe dokument weer die legende van die lied van die gestorwe kampkinders onder my aandag gebring het; my begeleiers oor slagvelde en die reste van kampe. Ook: Nic van Rensburg vir die vrag ongepubliseerde materiaal; Jeanette Ferreira vir die seldsame kampfoto. Ek is dankbaar dat ek na die nou reeds vergange storievertellers van my jeug kon luister toe alles vir hulle nog so eerstehands-vars was. My enigste verskoning gaan aan Louis Bothma omdat ek sy noukeurige historiese begeleiding verontagsaam het oor Driefontein en Abrahamskraal se begrawery en omdat ek, ter wille van my storie, die feite wat vir hom so kosbaar is, effens geweld aangedoen het.

      Ek moet ook weer my waardering uitspreek teenoor M-Net vir die draaiboek-opdrag en die uiteindelike verfilming van Feast of the Uninvited.

      Maar bowenal is ek dankbaar dat ’n ou vroedvrou ’n jong student tydens ’n Nagmaaldiens wat ons om uiteenlopende redes nie bygewoon het nie, in haar vertroue geneem het oor die versweë. Hiermee kom ek my voortvarende jeugbelofte na.

Dié boek is vir Marita.

      Een

      In die somer van 1944 staan ’n gewese offisier van die British Expeditionary Force, soos dit in 1899 soms geheet het, weer voor ’n plaashek in Suid-Afrika. Hy’s natuurlik al ’n ou man, en wanneer hy sy naam teken, sit hy altyd baie noukeurig die (Rtd) agter sy naam. Dis Major Philip Brooks (Rtd) by die hek. In die Anglo-Boereoorlog was hy Captain Brooks en jonk. Hy het toe nog die volle gebruik van albei hande gehad, maar dis ’n geskende linkerhand wat saam met die gesonde op een van die soliede dwars-ysters van die hek rus.

      Agter hom sit twee jong mense in ’n 1936 Plymouth-sedan en wag vir die majoor om te besluit. Dis die bestuurder van die gehuurde motor en Joey Wessels van die oorlogsmuseum in Bloemfontein. Die majoor het gevra om alleen af te klim en gesê hy sal by die hek besluit of hy wil oopmaak en opry na die huis en sy mense toe. Maar hy staan net daar. Blykbaar is dit vir hom ’n moeilike besluit.

      Dit is. Want alles rondom hom is tegelyk bekend en vreemd.

      Toentertyd was die hek ’n gewone swaai-hek; nou’s dit dubbel, ornamenteel en tussen netjiese klipmure. Die oprit was smal en boomloos; die pad na die huis toe is nou breed en het ’n ry dennebome weerskant. Groot bome. Veertig jaar is genoeg vir bome om so hoog te word. Dis net herinnering wat krimp, dink die majoor. Die pad na die huis toe is reguit en gegruis, die huis is bepaald groter, die stoep en sy trappe hoër, en die, waarskynlik gegote, witgeverfde kantwerk van die stoeprelings en die veranda-rand was nie daar nie. Van die buitegeboue steek net ’n onbekende skuur se gewel tussen die bome uit. Die ringmuur wat naby die huis was, is weg; die tuin is vergroot en met nuwe smaak uitgelê. Daar blom kannas, rose, malvas.

      Op die stoep is daar twee mense: die man sit, die vrou staan skuins voor die voordeur – albei so roerloos soos hy. Die majoor se ou oë kan nie meer oor die driehonderd treë van die oprit te veel besonderhede uitmaak nie, maar hy meen haar tog te herken. Aan die houding, al lyk dit vir hom die hare is nou spierwit. Moet sy wees.

      Wie wás die mense tog wat hy hier kom raakloop het? Joey Drew, die fotograaf, byvoorbeeld. Die begaafde oujongnooi. Die beneukte vrou wat so amper ’n gifmoordenares geword het. Die Van Wyks. Die tragiese Minters waarop die noodlot, volgens Joey Drew, so gepik het. Sy.

      En wie was hy , die jong kaptein Brooks, toe?

      Sy oumensgedagtes en knaende onthouery leer hom deesdae net een ding: hy’t almal half geken. Homself, soos nou, seker ook maar nie. Dalk het hy niémand ooit geken nie. Dalk is niemand te ken nie. Maar waar het die oujongnooi van die klavier en die byl in dié afgeleë wêreld haar klavieronderrig ontvang? Hy weet nie. Hy’t nie eens vir Joey Drew geken nie, want hy weet nie behoorlik hoe die eienaardige vent fotograaf geword het nie.

      Die majoor kan in 1944 nie weet nie, want hy’t in 1900, 1901, 1902, 1927 en 1934 nie vir Joey behoorlik uitgevra nie, en in Februarie 1938 het die moontlikheid van uitvra opgehou, want Joey Drew se verharde myntering-longe het ’n end aan hom gemaak.

      En as Joey op só ’n vraag sou antwoord, dit weet die ou majoor darem, sou hy in elk geval net ’n reggeliegde storie en aanmekaargerygde halwe waarhede moes aanhoor.

      Want:

      Joey Drew het die transaksie vir die kamera met ’n besopene beklink.

      Nou nie dat Joey self heeltemal nugter was tydens die eensydige onderhandelinge nie. Hy was al op sy tweede stasie, maar daar was nog ’n hele halwe bottel hardehout tussen hom en die vergetelheid van ’n behoorlike dronkmansfloute. “Nog heeltemal by my volle positiewe,” het Joey gewoonlik die toestand beskryf waarin hy was toe die noodlot so uit die bloute en so goedgunstig in sy lewe kom ingryp het.

      Maar eintlik was dit nie die drank in sy lyf wat hom die kamera laat koop het nie. Dit was Hans Bester se hoes.

      Saterdagmiddae was maar so in Johannesburg. Dit was 1899 en omtrent elke mynrot in die dorp was besig om op die een of ander manier ’n stukkie vergeet na te jaag – in die kortstondige arms van ’n gehuurde vrou, of in die kroeë wat naweke gedreun het van geesdriftige ondersteuning. Want die meeste wat die strate deurdrentel en uiteindelik tog maar in die oë beland het, is nie verniet uitlanders genoem nie. Hulle wás ver van huis, in ’n vreemde land, en – buite die kringetjies waar hulle saamgekoek het vir geselskap – omring deur vreemdelinge en vreemdhede. Die meeste het dus bevreemd deur hulle dae en veral deur alleen nagte en ledige ure moes draal, en die eensaamheid het hulle vatbaar gemaak vir gedagtes en dade waarvan hulle in ’n knusse tuiswees nooit sou droom nie.

      Joey Drew was duisende myle van wat eens sy huis was. Hy het dié oggend sy middag oorweeg terwyl hy oor die blouseep en slop-emmer buk en die was van sy hemp tot die loodbruin skiwwe aan die kraag en mou-omslae beperk. Die res van die hemp het nog aanvaarbaar geruik. Die gedagte aan ’n vrou se lyf het sy lende toe inderdaad vir ’n oomblik verontrus, maar hy het geweet die geselskap sal vlietend van aard wees, die daad oorhaastig, en die gesindheid gerig op klaarkry en so vinnig moontlik ontslae raak. Die prysklas waarin Joey die geldelike vermoë gehad het om te onderhandel, het nie tyd gehad vir kletspraatjies, belydenisse of klaagliedere nie. Dié dames was meer op omset as op gehalte ingestel, want die meeste was afdraand-gevalle van kwynende aantreklikheid en stygende ouderdom. En so ’n oomblik van onvoldoende ontlading sou Joey ’n hele goue Krugerpond kos en hom waarskynlik op die vierde dag ná datum met die doringdraadwater en ’n gewetensdrup laat opstaan. Pryse, wit of swart, was op op Saterdae, want die aanvraag het die aanbod oorskry – in veral die boonste sektor van die mark, aangesien die sakke van die klandisie gebrand het van ’n weekloon en nog ’n week se kleinkampie.

      En dit was nie net die ver-van-huis-eensaamheid wat Joey met sy mede-uitlanders gedeel het nie. Diep in elke hart het die leed van teleurstelling geroer. Die skatte waarvan hulle gedroom het met die optimistiese vertrek van huis en haard, dié het nou die teleurstelling geword van ’n ondergrondse hel van stof en klip en stof en erts en stof en hitte, hitte, hitte, hitte. En ’n weekloon. Die geel goudstof het – amper presies soos hulle eie strome sweet in die holtes van die myn – in die sakke gevloei van ’n klomp sagtehandjie-vetgatte wat oor naweke sit en sigaarsuig en whiskey-teug in hulle splinternuwe kastele teen die hange van die hoogtes, of waar hulle hulle renperde laat hardloop – elkers met jong, welgeklede en -gevormde, tydspanderende, welriekende, duur, heelnag-dames aan hulle sy. Of in die klub, natuurlik, as hulle die geselskap van hulle eie soort verkies. Hulle kon onder die skaars vroue in die dorp selfs amateurs, en die СКАЧАТЬ