Vroue van die Bybel 2. Esté Geldenhuys
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vroue van die Bybel 2 - Esté Geldenhuys страница

Название: Vroue van die Bybel 2

Автор: Esté Geldenhuys

Издательство: Ingram

Жанр: Религия: прочее

Серия:

isbn: 9780796320889

isbn:

СКАЧАТЬ on>

      

      Vroue

      van die

      Bybel 2

      Nader aan God

      Esté Geldenhys

      Lux Verbi

      Liewe vrou wat hier lees

      Die Woord is soeter as heuning. ’n Mens kan mos een gedeelte uit die Bybel weer en weer lees en elke keer spreek iets anders uit dieselfde woorde op ’n splinternuwe manier tot jou … en dan is elke nuwe ontdekking so lekker dat dit soos die spreekwoordelike heuning in jou mond word.

      Dít is wat dié boek ook baie graag vir jou wil gee. Ou-ou stories, “afgestof” en uit ’n ander hoek bekyk. Mag hierdie verhale heuning in elke leser se hart word, veral omdat dié boek vol verhale van minder bekende vroue is. Ja, weggesteekte vroue wie se name dikwels nie eens aan ons bekend is nie, maar vroue uit wie se lewe ons weer en weer kan leer. Dalk dink baie vroue vandag ook maar van hulself: My naam is nie eens aan ander bekend nie! Wat het ek nou al bereik, watter betekenis is daar regtig aan my lewe? Dit is juis een van die boodskappe van dié boek: Bekend of onbekend – elke vrou maak ’n verskil, lewer ’n bydrae tot die lewe van almal om haar. Ook ek en jy! Waar ons ook al leef, is ons verskilmakers.

      Om die lewegewende soort verskil te kan maak, moet ons bereid wees om te leer. En ons sal leer mits ons die Gees van God toelaat om ons te laat snap wat ons ook al veronderstel is om nóú te snap. Die boodskap sal verskil van mens tot mens, na gelang van waar elkeen in sy of haar persoonlike lewenswandel is.

      Hierdie waarheid sluit aan by wat met Jonatan gebeur het gedurende die slag van die Mikmas-pas (1 Sam 14). Toe Jonatan moeg en afgemat was van die geveg, het hy op ’n byenes afgekom en van die heuning geëet. Hy was nie daarvan bewus dat Saul sy hele weermag verbied het om enigiets te eet totdat hulle die vyand verslaan het nie. Inderdaad ’n dwase opdrag. Wie kan veg sonder krag of insig? Toe Saul sy seun Jonatan voor die hele weermag voor stok kry, was Jonatan se antwoord dat die heuning sy oë helder gemaak het.

      Die heuning het Jonatan se oë helder gemaak. Wat ’n heerlike gedagte! Dít is wat die Woord van God, wat soeter is as heuning, ook vir ons wil doen. Die Woord is letterlik ’n lamp vir ons voet en ’n lig op ons pad (Ps 119:105). Paulus sou later uitbrei op die betekenis wat die psalmdigter aan die Woord gegee het, toe hy ’n vermaning ten opsigte van die woorde van God aan Timoteus gegee het. Ons lees daarvan in 2 Timoteus 3:14-17. In hierdie gedeelte lys Paulus ’n paar dinge in sy verwysing tot die Skrif:

      •Dit kan vir ons kennis bring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus.

      •Paulus verklaar ook dat die hele Skrif deur God geïnspireer is en daarom groot waarde het om:

      –te onderrig,

      –dwaling te bestry,

      –verkeerdhede reg te stel, en

      –’n regte lewenswyse te kweek.

      Ja, sodat elkeen wat in diens van God staan volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. Elkeen wat in diens van God staan? Sluit dit my en jou in? Volgens die opdrag wat Jesus aan sy dissipels in Matteus 28:19-20 gegee het, is die antwoord baie beslis ja.

      Ons moet opkyk, om ons rondkyk en snap dat hierdie lewe nie net oor my en my eie behoeftes gaan nie. Die lewe wat ons hier leef, is ’n absolute flentertjie, ’n asempie, gemeet aan die ewigheid wat ons saam met ons Skepper gaan deurbring.

      Mag die verhale van die vroue wat in dié boek aangebied word, ons inspireer om te delf tot ’n dieper verstaan van wie hierdie God is oor wie dit alles gaan. Om te verstaan wie God is, moet ons Hom dalk net bejeën as ’n kragtige entiteit daar êrens – ontoeganklik en waarskynlik streng of kwaai?

      Nee! Die Skepper-God is juis liefde, geduld, barmhartigheid, genade … die beste Vader wat ons ooit kan bedink om te beleef. Hy is soos ’n Persoon met emosies. Een van sy emosies is om te verlang … Hy verlang na jou. Ja, na jóú. Hy verlang daarna om jou ín sy teenwoordigheid te ontvang waar Hy sommer net vir jou sy vrede kan gee en jou kan toemaak met sy liefde, beskutting en beskerming. Hy wil jou leer van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy niks weet nie. Hy wil graag hê dat jy jouself in jou eie of ander se oë volkome sien, sonder seer of gevoelens van nie-goed-genoeg-nie. Ja, vry om Hom lief te hê – en te verstaan wat dit behels om Hom lief te hê en Hom alleen te aanbid.

      In my eie soeke daarna om die Skepper van hemel en aarde as “Persoon” te leer ken, het ’n paar dinge in my binneste gebeur. Die hele kwessie van name het vir my belangrik geword. Psalm 91:14 was nogal ’n sleutel waar ons Vader belowe dat Hy diegene sal beskerm wat Hom liefhet – dié wat sy Naam ken. Hierdie begrip word in die Amplified Bible verder soos volg verduidelik: “… has a personal knowledge of My mercy, love, and kindness – trusts and relies on Me, knowing I will never forsake him, no, never.”

      In die Hebreeus het Hy baie Name waarvan elkeen ’n ander faset van sy karakter verklap. Om die betekenis van sy Name te ontdek is soos om sy karakter te leer ken. Die “groot” Naam, Yahweh, is in die Afrikaanse 1933/1953-vertaling met hoofletters geskryf – HERE, teenoor Here wat weer meestal verwys na die Naam Elohim, maar Here verwys ook soms na ander Hebreeuse Name. Net vanweë my reuse-ontsag vir wie Hy is, kies ek om erkenning te gee aan die Een met wie ek te make het. Wanneer jy dus in dié boek HERE raaklees, sal jy weet na WIE dit verwys. (Voorkeur word aan Skrifaanhalings uit die 1933/1953-vertaling verleen, en waar toepaslik word verwys na die 1983-vertaling.)

      Sowel Jeremia as Esegiël het die opdrag gehad om die boekrolle wat vir hulle aangebied is, te eet. Ons het in Jesus nie net ’n Verlosser nie, maar ook ’n ewige Bruidegom. Die lewe wat ons op hierdie aarde leef, bied ons die tyd en geleentheid om ons voor te berei op die koms van ons Bruidegom. Laat ons soos die profete die boekrolle wat soeter is as heuning en ons geestelike oë kan verlig, eet tesame met die lees van dié boek. Mag dit elke leser noop om die Bybel op te tel en te lees soos een wat skatte in die donker soek. Mag die skatte wat jy vind jou voorberei op die koms van ons Bruidegom en vul met ware aanbidding van ons God en Vader.

      Esté Geldenhuys

Vroue van die Ou Testament

      Ontmoet mevrou Noag

      Eenheid het gelei tot nuwe lewe

      Lees Genesis 5–9

      Die uitdagings van Noag en sy gesin hou vir ons belangrike betekenis in. Om dit te verstaan moet ons as vertrekpunt daarna kyk uit die mond van ons Messias in Matteus 24:27-39. Die waarskuwing is onomwonde: Net soos in die tyd van Noag, sal dit ook by die koms van die Seun van die mens wees. In die dae voor die sondvloed het die mense sorgeloos voortgeleef – geëet, gedrink en getrou – tot op daardie dag dat Noag die ark binnegegaan het. Eers toe die sondvloed almal meesleur, het hulle dit (helaas, te laat) verstaan. So sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

      Dit is so maklik om elke oggend op te staan met geesdrif … of vir sommige mense dalk eerder dankbaarheid vir nog ’n nuwe dag met nuwe geleenthede. Vir baie is dit dalk moeilik om soggens op te staan om net wéér watter kwessie ook al aan te pak in die hoop op ’n oplossing. Hoe ook al, ons leef maklik in die wete dat dae sal kom en gaan en aanhou kom en gaan … asof dit nooit gaan ophou nie. Maar dit is nie waar nie. Niemand leef vir altyd nie. Vir elke mens kom daar ’n dag wat sy of haar laaste dag is.

      Nou hoe nou? Moet ons leef met ’n soort vrees dat vandag ons laaste dag kan wees? Vir seker nie. Maar ons moet vir onsself uitklaar wat ons glo ten opsigte van hierdie lewe en ’n lewe ná hierdie aardse bestaan. СКАЧАТЬ