Die dingesfabriek 4: Jannus en Kriek en die tydmasjien. Elizabeth Wasserman
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die dingesfabriek 4: Jannus en Kriek en die tydmasjien - Elizabeth Wasserman страница

СКАЧАТЬ >

      

DINGES%203%20%c2%96%20TITELBLADSY.tif

      Elizabeth Wasserman

      Illustrasies deur Astrid Castle

      Tafelberg

      Vir almal wat hou van

      leer en lees.

      Die wêreld van Jannus en Kriek

      Ons helde

      Doopname: Jannewario Frederikus Knoets en Krisantalia Renostrum Knoets, algemeen bekend as Jannus en Kriek. Hulle is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling.

      Adres: Huis Deurmekruis, Onder Afrit 7 van die snelweg, Naby die dokke

      Hulle ouers:

      Knersius en Soetlief Knoets. Knersius is die speltoetser van ’n groot uitgewery. Soetlief is ’n gevaarlike spioen.

      Hulle troeteldier:

      ’n meerkat met die naam van Meneer Snoek. Sy is ’n wyfiemeerkat, maar haar voornaam is Meneer en haar van is Snoek.

      Hulle oupa:

      Hy is ’n avonturier, ’n uitvinder en ’n baie onvoorspelbare ou man. As hy nie iewers anders is nie, bly hy onder Huis Deurmekruis, waar hy allerhande interessante dinge doen en goeters uitvind in sy kelderlaboratorium. Sy brein is so groot en so besig dat dit vir hom moeilik is om aandag aan gewone dinge te gee. Miskien raak hy net ’n bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy noem alles wat hy nie kan onthou nie “dinges”.

      Wie is Zip?

      Is hy een van Oupa se uitvindings? Niemand weet wat hy is of waar hy vandaan kom nie, maar hy het gehelp om hierdie boek te skryf.

aw_Intro%20pages_Prof%20Snol_Dingesfabriek_4_FINALS.tif

      Dinosourusse

      “Pasop voor, ek is ’n Tyrannosaurus rex!” gil Dries Doringkop en stamp vir Bertie dat sy rugsak doer trek.

      Bertie is die kleinste seun in die klas.

      “Boelie!” sis Kriek en tel Bertie se rugsak vir hom op.

      “Tirannosourus was piepklein in vergelyking met Giganotosourus,” grom Jannus.

      “Wat weet jy, wysneus? ” Dries staan dreigend nader.

aw_01_Dingesfabriek_4_FINALS.tif

      “Wat gaan hier aan?” Juffrou Frot het die klaskamer binnegekom en vandag het sy haar rooi rok aan. Almal weet hulle moet hulle ekstra goed gedra wanneer juffrou Frot rooi dra.

      “Jannus sê ’n Gi-Gigosourus is groter as ’n Tirannosourus,” kla Dries en probeer onskuldig lyk.

      “Almal op julle plekke!” Die kinders skarrel om te gaan sit. “As julle in my klas inkom, stap julle in ’n netjiese ry en bly stil! Maak oop julle boeke op bladsy sewe-en-dertig!”

aw_02_Dingesfabriek_4_FINALS.tif

      “Maar wat nou van die dinosourusse?” vra Bertie met ’n klein stemmetjie.

      Juffrou Frot gluur die kinders aan. “Ek wil nie weer ’n woord hoor van dinosourusse nie! Ons begin met Aardrykskunde, en vanoggend behandel ons vulkane. Dit het niks met dinosourusse te doen nie.”

      Kriek steek haar hand op.

      “Ja, Kriekie?” vra juffrou Frot met ’n soeter stem. Kriek is haar witbroodjie.

      “Juffrou, was dit ’n vulkaan of ’n meteoriet wat die dinosourusse uitgewis het?”

      Juffrou Frot sug. Sy kan sien die kinders gaan vandag sukkel om te konsentreer.

      “Daar is verskillende teorieë daaroor …” begin sy, maar Dries val haar in die rede.

      “Wat ek wil weet,” sê hy, “is of Jannus se dinosourus groter is as myne of nie?”

      “Dries Doringkop, in my klas praat jy nie as jy nie jou hand opsteek nie!” Juffrou Frot frons kwaai. “Huiswerk vir julle almal! ’n Opstel van twee bladsye oor die dinosourusse van Afrika, en ek wil nie weer ’n woord hoor oor Tyrannosaurus rex of enige van sy maats nie!”

      Die klas is nou tjoepstil. Kriek gluur verwytend na Dries. Sy hou van opstel skryf, maar is niks lus vir dinosourus-stories nie.

      Seunskinders!

      Jannus krabbel iets op ’n papiertjie en gooi die briefie op Dries se tafel toe juffrou Frot haar rug draai:

sommer.jpg

      Dries se ore word rooi van woede.

      Jannus behoort van beter te weet as om met Dries Doringkop skoor te soek.

      ’n Uitstappie word beplan

      “Dit was heeltemal onnodig!” raas Kriek en druk ’n pak bevrore ertjies teen Jannus se blou oog.

aw_04_Dingesfabriek_4_FINALS.tif

      Knersius Knoets kyk op van

      sy koerant. “Julle kinders moet

      leer dat die woord meer kragdadig

      is as die vuis.”

      Jannus wonder of sy ma sou saamstem. “Ek dink nie Ma moet die warm skottel daar neersit nie,” maan hy en loer met sy een oog na die landmyn wat op die tafeldoek lê.

      “Toemaar, ek het die plofmiddel uitgehaal om ’n oliekol op die sitkamer se mat uit te was.”

      “Het dit gewerk?” wil Kriek weet.

      “Wel, ons het nie meer ’n mat óf ’n oliekol nie!” sê Soetlief Knoets.

      Kriek loer wantrouig na die opskepskottel. “Wat eet ons vanaand?”

      “O, ’n heerlike tamatiebredie. Maar daar was ongelukkig niks tamaties in die huis nie. Ek sal moet gaan inkopies doen.”

СКАЧАТЬ