Rooiland. Tertius Kapp
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Rooiland - Tertius Kapp страница

Название: Rooiland

Автор: Tertius Kapp

Издательство: Ingram

Жанр: Зарубежная драматургия

Серия:

isbn: 9780624062745

isbn:

СКАЧАТЬ

      ROOILAND

      deur Tertius Kapp

RooilandGlobeEpub.jpeg

      ’n drama

      ///////////////

      TAFELBERG

      Skrywersnota

      Hierdie teks speel af in ’n hedendaagse Suid-Afrikaanse gevangenis. Gedrag wat vir die leser moontlik vreemd sal voorkom, onnatuurlik en dalk ongemotiveerd, sal dikwels slegs sin hê as dit in die konteks van ’n gevangenis verstaan word. Wat traumaties is buite die tronk, is dikwels alledaags daarin. Aan die ander kant verkry alledaagse voorwerpe buitengewone waarde in die tronk. Humor kan dikwels donkerder as donker word, en oorbekende situasies aan die buitekant word met ’n ongeaffekteerde genot geparodieer.

      Rituele in die tronk weerspieël dikwels gesagsrituele daarbuite. Die hiërargieë van owerhede – ook dié uit ’n vergange era soos 19de-eeuse Britse militêre range – word nageaap in bendestrukture. Die nukleêre gesin word geparodieer. Ideologie word in ’n gevangenis vir die buitestander sigbaar as mags- en/of oorlewingsmeganismes, terwyl baie gevangenes dit, onder wisselende mate van dwang, in ’n absolute vorm uitleef.

      Die Nommers se verhale is ’n lewende mitologie. Daar is verskillende weergawes van dieselfde verhaal, en die onderskeie vertellers sal almal aanspraak maak op die absolute waarheid, met die wete dat dit slegs nóg ’n weergawe is. Aangesien die bendes se narratiewe mondelings oorgedra word, is dit maklik vir verskillende diskoerse om langs mekaar voort te leef. Terselfdertyd is daar baie ooreenkomste tussen die verskillende verhale wat jy in ’n tronk sal hoor.

      Die dikwels poëtiese aard van karakters se taal vra uiteraard om ’n hoë mate van interpretasie deur die akteurs. Waar Chris en Adidas met hul selfversekerde machismo dalk meer voor die hand liggend is, vereis die onsekere Fransie en Pastoor (veral laasgenoemde met sy melodramatiese uitsprake) baie medewerking van die akteur om die karakter te vind. Die basiese handelinge word aangedui, maar dit word natuurlik van die regisseur verwag om verdere handelinge by te voeg na gelang van sy of haar interpretasie van die teks.

      Verder moet ook genoem word dat dit in hierdie teks gaan oor die naasbestaan in Suid-Afrikaanse tronke van verskillende ideologieë en nie noodwendig oor die een se “oorwinning” oor die ander nie. Die kamp waarin ’n karakter hom ná die afloop van die stuk bevind, impliseer nie ’n morele sege oor sy teenpool nie.

      Alhoewel baie van die gebeure of vertellings in die teks ooreenkomste met ware verhale toon, is hierdie drama per slot van rekening ’n gefiksionaliseerde situasie, gebaseer op uitgebreide navorsing.

      Hierdie teks is geskryf as deel van Aardklop se teksontwikkelingsprogram. Die skrywer bedank graag vir Marguerite Robinson vir die geleentheid, en vir Rosa Keet vir raad en konstruktiewe terugvoering. Die skrywer wil ook navorsers bedank wie se werk in die teks gebruik is, veral Jonny Steinberg, Andries Petrus Weyers, Charles van Onselen, Nicholas Haysom, K.D.P. Makhudu, Heather Parker Lewis, asook informant C in Pollsmoor.

      Stel

      ’n Sel in ’n Suid-Afrikaanse tronk: Dit is so beknop dat die bewoners voortdurend in mekaar se pad is. Daar is twee stapelbeddens (of ’n driedubbele stapelbed en ’n matras), ’n lessenaar, ’n kas, ’n televisiestel, ’n radio, ’n toilet en ’n wasbak in die sel. Die vierde muur is waar die tralies sou wees. Agter teen die oorkantse muur is twee klein vensters, met tralies, wat na die ooste wys, sodat ligte daardeur kan skyn om dagbreek te suggereer. Teen die mure is ’n verskeidenheid van plakkate en ornamente – alles van charismaties-Christelike simbole tot pornografie, graffiti, kuns, kruise, brandmerke, bloedspatsels. Die TV is klankloos aan, e.tv se laatnag- mak pornografie afgewissel deur speletjiesprogramme. Die TV kan aan- en afgeskakel word na die regisseur se keuse. Daar is ’n radio wat af en toe hoorbaar raak met musiek van die regisseur se keuse.[1]

      Karakters

      FRANSIE is ’n slagoffer van individualisme, immuun teen die aansprake van die groep, ’n rebel without a cause, naïef genoeg om homself te glo, besig om te val uit die konstellasies in sy gedagtes tot in die realiteit van die sel. Hy was voorheen ’n creative by ’n advertensie-agentskap, is belese en sinies, onervare maar arrogant. In sy intonasie en uitspraak is reeds spore van ’n tronkdialek te bespeur.

      PASTOOR is deurleef, sy gesig saggebrei deur jare se metamfetamien, sy hande vol droë bloed, ’n hardgeworde skil wat wag vir die laaste vervelling. Die geeste van alle ideë is in hom vasgevang, maar die vleis is reeds weggevreet. Hy is baie intelligent, maar het nooit die kans gekry om sy talente te ontwikkel nie. Sy taalgebruik wissel van formeel en geleerd tot straattaal.

      ADIDAS is ’n aktiewe lid van die 28’s. Sy gesig is sterk, sy lyf slank en gespierd. Die rang Kaptein-Een is op sy skouers getatoeëer, drie sterre op elke skouer. Op sy rug is ook tatoeëermerke: die horings van die bees Rooiland tussen kapsabels met die syfers 2 en 8, ’n leeu, ’n spreeu, en die skaars leesbare woorde: my hart klop drie keer per jaar. Die sel waarin hy nou is, is in ’n vleuel van die tronk waar die 28’s nie so sterk is nie, en hy is gestuur om die jong Fransie te werf. Adidas slaan in ’n oogwink van geestigheid na aggressie oor. Hy praat ’n sterk Kaaps (pas taal aan in samewerking met akteur).

      CHRIS is ’n wedergebore Christen, sterk en stoïsyns. Sy tatoeëermerke is geredigeerde weergawes van sy vorige self, ’n uitvloeisel van die punk-beweging, sy lyf gerestoureer tot ’n tempel. Hy het ’n tatoeëering van ’n straight edge-kruis op sy hand en sy kop is kaalgeskeer. Chris besef dikwels nie dat die ander met hom spot nie en het geen sin vir ironie nie.

      Die eerste opvoering was op 4 Oktober 2011 in Potchefstroom onder spelleiding van Jaco Bouwer.

      Rolverdeling

      Adidas: Brendon Daniels

      Chris: Leon Kruger

      Fransie: Wilhelm van der Walt

      Pastoor: Charlton George

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4Ru6RXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNS4xIFdpbmRvd3MAMjAxMzowMToyOSAxNjo0 MDozMgAAA6ABAAMAAAABAAEAAKACAAQAAAABAAAGUqADAAQAAAABAAAJ1AAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAA
СКАЧАТЬ