Donatello en Volksie. Marion Erskine
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Donatello en Volksie - Marion Erskine страница

Название: Donatello en Volksie

Автор: Marion Erskine

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624051077

isbn:

СКАЧАТЬ

      Marion Erskine

      Donatello en Volksie

      Queillerie

      Vir Connie.

      Dankie dat jy saam met my liefgeraak het vir die storie.

      1

      Ballade van die eensame sleutelbord

      Uiteindelik! Zoë Zietsman stap haar kamer binne met die Boney M Christmas-CD in haar hand. Sy het die afgelope tien minute op haar knieë deurgebring om rond te kruip agter Kersballetjies in die sitkamer. Lompheid en asemhaal loop mos parallel met mekaar in haar lewe. Dit was vir haar geen verrassing dat sy juis nóú aan die Kersboom se koord moes vashaak en die hele ding van die tafel afpluk nie. Wat haar wel omkrap, is dat dit die tweede keer dié week gebeur. Mens sou nooit dink dat sy, met haar twee linkervoete, eintlik ongelooflik gefokus kan wees nie. Gmf! Dit is ook net wanneer sy joga doen dat sy in beheer en in balans voel.

      Zoë plaas die CD in die speler en kies snit vier. “Hark the Herald Angels Sing” begin saggies speel, maar dit hop sommer dadelik drie liedjies verder. Sy sug hard, maak die speler weer oop en haal die CD uit. Haar blonde krulkop weerkaats op die CD terwyl sy die krapmerke bestudeer. Dié arme ding het ook al beter dae geken. Soos sy. Selfs nie met vandag se tegnologie hou dinge vir altyd nie. Soos mans.

      Zoë gewaar haar linkeroog in die weerkaatsing en trek die vel daaronder. Sy kan sweer hierdie sakke onder haar oë was nie verlede maand daar nie. Hierdie afgelope ruk in HerbaZone was omtrent nag en sy’t behoorlik gehol van oopmaak- tot sluitingstyd. As iemand nou tien jaar gelede sou voorspel dat sy nog eendag Arnica-salf vir ou tannies se knokkeltone gaan aanbeveel, sou Zoë dit aflag, maar die lewe gebeur mos maar met ’n mens. En in hierdie finansiële gat waarin die land nou val, is sy en haar baas, mnr. Cho, maar net te dankbaar as daar enigsins geld inkom. Kruiemedisyne is nou nie juis ’n topverkoper in Suid-Afrika nie, en dit is ’n luukse waarop die middelklas eerste sny. Asof sy nie moeg genoeg ná werk is nie, moet sy dan nog jogalesse by kliënte se huise ook gaan gee. Nie dat sy daaroor kla nie. Joga is die hartklop van haar lewe; dit stel ’n dieper energie in haar vry. En niks bevredig haar meer as om dit met ander te deel nie. Anders as die eentonige winkelassistent-ding, is joga vir haar soos ’n opwekker.

      Zoë blaas wasem op die CD-oppervlak en vee dit ’n paar keer saggies aan haar wit T-hemp af. Sy plaas die CD terug in die speler en probeer weer. Dankie tog, dit werk! Sy kan nie nou nog deal met ’n hakkerige Boney M ook nie. Die lewe is bitter genoeg.

      Sy gaan sit op haar rekenaarstoel en neurie saam. Sy verlang vandag só terug na Kerstyd saam met ouma Santie en Boom. Kersfees is vir seker nie meer dieselfde nie. Dinge was destyds so anders. Ouma het lank voor die tyd soetkoekies gebak en hulle het saam-saam spookwit geword van die meel. En niks kon by Kersdag se trifle kom nie! Dit was dae toe mens nog opgewonde kon raak oor daai knop in die Kerskous – al wéét jy dit is net ’n nuwe paar skoolsokkies. Toe was Kersbome groot genoeg om nie op ’n tafel te moet staan vir ekstra hoogte nie.

      Zoë sug weer diep. Al hierdie dinge is nou net bittersoet herinneringe. Was dit nie vir Jan-Hendrik nie, het geen siel op aarde ook ’n flenter vir haar omgegee nie. En vanaand is haar Mac haar enigste dooie geselskap.

      Zoë skuif haar net mooi reg om voor haar lessenaar in te wiel toe sy die teekersie langs die deurskynende glasflessie opmerk. Sy het die vuurhoutjies in die kombuis vergeet! Sy moet darem ’n kers aansteek. Dit is dan Oukersaand. Al is dit net ter nagedagtenis aan dierbare ou Boom.

      Sy spring so vinnig op dat die stoel tot teen die bed wiel en stap in die leë gang af kombuis toe. Daar gewaar sy haar koppie jasmyntee op die wasbak langs die boksie vuurhoutjies. Sy het wraggies dit ook nog vergeet! Sy proe-proe aan die koue tee en gooi dit vies in die wasbak uit, gryp die vuurhoutjies en stap terug kamer toe.

      Die kersie flikker heeltemal te vrolik teen die glasflessie langs haar rekenaar. Zoë krap in haar beursie en sit Boom se foto liefdevol langs die kersie neer. Is dit oor Boom dat sy vanaand so bitter alleen voel? Of is dit maar net omdat sy alleen ís? Werklik stoksielalleen sonder ’n enkele siel op Oukersaand. Sedert die misrabele verhouding met Dirk ’n paar maande gelede gesneuwel het, was sy nog in geen man se arms nie. Sy weet nie mooi of sy in ’n man se arms wíl wees nie. Maar as sy net so bietjie kon cuddle vanaand … Dit is mos ’n verdomde basic human right! Dit behoort verpligtend te wees.

      Ruk jou reg, Zoë, dink sy. Sy rol haar stoel weer tot voor haar Mac op die deurmekaar lessenaar in die hoek. Die laaste ding wat sy vanaand wou doen, is om aan te log op matchmate.co.za, maar dalk is daar iemand in hierdie wye land wat haar uit hierdie swart gat kan lig. Sy ken haarself nie so nie. En in elk geval, in ’n chat room gee niemand om wie en wat jy is nie. Dit maak nie saak dat sy kêrelloos is of dat sy op Oukersaand alleen sit nie. Hulle (wie ook al wil chat) sal in elk geval nie weet of sy voorgee of werklik is nie.

      Zoë wikkel die muis heen en weer en haar Facebook-bladsy verskyn. Sy lees die stand van sake en glimlag:

      Zoë Zietsman has the best housemate in the world and she’d give her kidney to be as sexy as him. (She also wants to remind herself not to leave her laptop open logged onto FB when she goes last minute shopping for his Xmas prezzie.)

      Die bleddie Jan-Hendrik! Sy moet erken sy voel sommer dadelik ’n klein bietjie beter. Maar sy gaan hom nog steeds nek omdraai vir hierdie een. Hy het haar genooi om vanaand saam met hom en sy klomp pelle te gaan kuier, maar sy was net nie in die bui nie. Ag, hoe mis sy nie vir Boom nie. Sy streel weer sag oor sy foto.

      Die Matchmate-webwerf verskyn op die skerm en sy tik haar username (“Volksie”) en password (“Boom”) in. Matchmate se formaat is nogal nie sleg nie, dink Zoë. Mens hoef nie soos in ander chatlines geld te betaal of registreer om mense te ontmoet nie. Jy kan gesels nes jy wil. Jy kies ook wat in jou profiel wys en kan foto’s oplaai soos jy goeddink. Sommige mense skryf hul hele outobiografie neer, waar ander net die noodsaaklike inligting verskaf. Uit blote common sense vir al die siek siele daarbuite, het sy die laaste opsie gekies en het nie eens ’n foto op nie. Dit keer nog steeds nie sommige ouens om te probeer gesels met enigeen wat ’n “f” (vir female) langs die naam het nie.

      Gewoonlik dik sy so effens aan en probeer oulik wees. Maar vanaand gee sy nie om nie. Vanaand moet hulle haar vat soos sy is.

      Nes sy gedink het. Buiten ’n enkele ou is die chat room leeg. Dit ís immers Oukersaand. Wie op aarde gaan vanaand sit en chat? Sy begin tik:

      Volksie: Enige maatjie vir ’n praatjie? ;-)

      Zoë begin net dink die ou het dalk maar vergeet om uit te log, toe sy antwoord op die skerm verskyn.

      Donatello: Hoekom nie? Ons is die enigste twee hier.

      Volksie: Sad cases. :-(

      Donatello: Seker, ja. Hoekom slaap jy nie? Dis al ná elf.

      Volksie: Kan nie. Ek verlang te veel.

      Donatello: Na wie?

      Volksie: Boom. :`-(

      Donatello: Boom?

      Volksie: My hond.

      Zoë weet sommer dadelik die ou dink sy’s van lotjie getik. Sy glimlag en vee ’n blonde lok agter haar oor in.

      Donatello: Mag ek vra hoekom jou hond se naam Boom is?

      Volksie: Was.

      Donatello: Ekskuus?

      Volksie: СКАЧАТЬ