Название: Ena Murray Keur 19
Автор: Ena Murray
Издательство: Ingram
Жанр: Эротическая литература
isbn: 9780624087960
isbn:
Hulle kry ’n lekker hoekie in die restaurant wat hy kies.
“Moenie so verskriklik bekommerd lyk nie! Môre is alles weer normaal,” sê Manie bemoedigend.
Sy glimlag swak. “Ja. Dis wat ek ook vanmiddag vir Maria gesê het. Ek het haar al huilende op pad La Rhône toe gekry.”
Hy knik. “Maria het baie vir haar skoolgaan opgeoffer. Dit moet ’n swaar slag vir haar wees. Ek onthou haar as ’n dogtertjie – hoe sy elke dag kaalvoet dorp toe gehardloop het op pad skool toe. Ek was van die begin af in die koshuis op die dorp. Maandagoggende wanneer Pa my inneem en Vrydagmiddae wanneer hy my kom haal, het ons haar langs die pad gekry. Dan het Pa haar opgelaai. Ek onthou ek was altyd getref deur die intelligente, wakker kyk in haar oë. En sy het altyd so mooi dankie gesê wanneer sy afgelaai word.”
Miempie het ’n knop in die keel, neem eers ’n slukkie wyn. “Ja, Manie. Twaalf jaar lank het daardie kind elke dag in alle weersomstandighede twaalf kilometer skool toe geloop. Ses heen en ses terug. Só ’n kind verdien om gehelp te word in die lewe … en sy verdien nie wat vandag gebeur het nie.”
“Nee, dis waar. Ek voel ook baie jammer vir haar. En die baie ander soos sy. Daar is baie kinders wat verskriklik opoffer vir hulle geleerdheid. Dis nie net Maria wat kilometers ver na die naaste skool moet loop nie. Daar is talle ander. In ’n mate het ek begrip vir hulle opstand. In die meeste wit skole is daar geen tekort nie. Boeke, apparaat, alles wat nodig is, is beskikbaar. Waardeer kinders ooit voorregte wat so maklik in hulle skoot val? Hulle aanvaar dit as vanselfsprekend, of wil selfs nie eens regtig leer en vorder nie.”
Soos Yolande Visser, dink Miempie vlugtig, maar swyg. Sy kyk Manie vraend aan: “Jy sê jy het begrip vir hierdie ding wat vandag gebeur het?”
“Ja. O, ek besef dat daar baie opstokery aangaan. Dit ly geen twyfel nie. Maar aan die ander kant weer … ons dra ook skuld aan dit wat vandag gebeur het.”
“Omdat hulle minderwaardige onderwys gekry het?” sê-vra Miempie.
“Juis. Kinders wat elke dag moet opoffer, het op ’n dag besef die standaard van húlle onderwys is hoegenaamd nie gelykstaande aan dié van die wit kinders nie. Dit móét hulle bitter maak, Miempie.”
“Ek het ook begrip daarvoor, maar om skole af te brand … Nou het hulle regtig niks nie.”
“Ja. Dis ook waar. Maar wanneer ’n grootmens voel hy is verkul, wanneer frustrasie hoog in hom brand, kan hy dit selde nugter hanteer. Wat moet jy dan van kinders verwag? Hier is ons kos. Kom ons gesels nou oor aangenamer dinge.”
Sy tel haar mes en vurk op. “Waaroor?”
“O, daar is baie goeie nuus waaroor ek kan praat.”
“Soos?”
“Soos hoe ek en Emile ’n hele omwenteling in ons boerderye gaan teweegbring. Ons gaan ’n gemeenskapsontwikkelingsvereniging stig wat allerlei projekte gaan begin om die plaaswerkers te bemagtig en …”
“Sowaar?” Haar oë verhelder. “Dis wonderlike nuus, Manie! Dit is iets wat ons plaaswerkers in die distrik al soveel jare lank moes ontbeer.” Sy kyk hom skerp aan. “Jy sê jy en Emile gaan so iets hier begin?”
“Ja. Eintlik het Emile die bal aan die rol gesit.”
“Regtig?” Sy klink skepties, maar hy kom niks agter nie. Opgewonde vertel hy van al die nuwe verwikkelinge en Miempie sit doodstil en luister.
“Emile is ’n man wat ver vooruit kan dink, hoor. Ons gaan nou eers die vereniging aan die gang kry. En sodra alles op dreef is, is daar ’n groot projek wat ons gaan aanpak.”
“Wat is dit?”
“Emile voel ons moet iets meer vir ons werkers gee as net ’n televisiestel in ’n skuur op ’n Saterdagaand. Die mense moet in hulle vrye tyd iets meer opbouends doen. Op die dorp is daar geriewe vir gesonde, opbouende ontspanning, maar ons het niks op die plase vir die plaasmense nie. My plaas lê taamlik sentraal en Emile het voorgestel dat ons daar ’n sokker- of rugbyveld aanlê en ’n speelpark vir kinders en miskien selfs ’n netbal- of tennisbaan as daar genoeg belangstelling is. Sulke dinge. Goed wat gesonde ontspanning sal verskaf en hulle sal weghou van allerhande kattekwaad. Wat dink jy?”
Haar oë blink. “Ek dink dis ’n fantastiese idee.”
Hy glimlag breed. “Ek dink ook so.”
“Later kan ’n mens selfs aandag gee aan die gedagte om ’n ontspanningsaal vir hulle te bou. As hulle bereid is om self die meeste van die werk te doen, sê op Saterdagmiddae daaraan te gaan bou, behoort dit nie so uitermate duur te wees nie.”
“Miempie, dis ’n oulike idee!” Hy kyk haar goedkeurend aan. “Emile het ’n punt gehad.”
“Ja?”
“Hy het gesê voordat ons enigiets doen, moet ons twee, ek en hy, eers vrou kry. Hy is reg. Ons het die vroulike kreatiwiteit beslis nodig. Jy moet volgende keer by wees wanneer ek en Emile planne bespreek.”
Sy lag afwerend. “Dan sal daar nooit iets tot stand kom nie. Ons baklei gedurig.”
“Regtig? Waaroor?”
“Ek … weet self nie. Oor alles. Ons baklei net. Nee, los my maar uit. Ek sal deur jou met voorstelle kom. Soos byvoorbeeld met die saal. Julle kan speletjies kry waarmee die jonges hulle kan besig hou. Jy kan selfs toelaat dat daar gedans word, natuurlik sonder alkohol. Julle kan van die ouer garde aanstel om toe te sien dat alles ordelik verloop. O, jy het my nou ook op hol met hierdie blink planne van julle!”
Hy glimlag ingenome. “Moenie bekommerd wees nie. Jy sal betrek word. Daarvoor gaan ek sorg.”
Op La Rhône bespreek ouers en seun tydens aandete die aand se televisienuus.
“Dis darem jammer dat so iets nou moes gebeur het,” sê Laura.
“Ja.” Emile se frons is diep. “Miempie Rust bekommer haar natuurlik nou mal hieroor.”
“Hoekom bel jy haar nie?”
Hy lyk half onwillig. Sy ma weet nie op watter trant hulle uitmekaar is nie. Hy voel nog altyd ’n bietjie suur daaroor. Maar dan staan hy op. “Miskien moet ek maar.”
Maar daar is nie antwoord by Miempie se woonstel nie.
Die telefoon se gelui word stil net toe Miempie die voordeur oopstoot. “Ag, wie dit ook al is, sal weer bel as dit dringend is. Sit, Manie. Ek gaan maak vir ons koffie. Baie dankie. Dit was ’n heerlike aand en die ete was puik.”
“Plesier. Maar ek wil jou ’n gunsie vra.”
“Sê maar.”
“Sal jy asseblief saam met my na die skoudans gaan?”
Sy hou haar baie doenig met die koffiekoppies. “Dankie, Manie, maar … nee.”
Hy lyk eerlik verbaas. “Hoekom nie? Of het jy al ’n ander …?”
“Nee. Nee. Dis net СКАЧАТЬ