Hermann Giliomee: Historikus. Hermann Giliomee
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Hermann Giliomee: Historikus - Hermann Giliomee страница 23

Название: Hermann Giliomee: Historikus

Автор: Hermann Giliomee

Издательство: Ingram

Жанр: Биографии и Мемуары

Серия:

isbn: 9780624066842

isbn:

СКАЧАТЬ onderskei of gediskrimineer nie. ’n Rassistiese ideologie het nie bestaan nie. Die woord “swart” is baie selde gebruik behalwe in die formele term vryswartes, wat voormalige slawe was wat deur hul eienaar vrygestel is. Die polisiemag bestaande uit swart mans is “kaffers” genoem. Hulle was kleurblind in hul optrede en het mense in hegtenis geneem sonder om enige onderskeid op grond van kleur te maak.

      Hoe kon die Afrikaners uit so ’n pioniersgeskiedenis die stelsel van apartheid ontwikkel? ’n Mens kan jou inderdaad die vraag afvra. Liberale historici en sosiale wetenskaplikes het geesdriftig verklarings aangebied. Volgens sommige moes die skuld vir wit rassisme gesoek word by die burgers se “primitiewe” Calvinisme met sy uitverkiesingsleer. Die probleem met hierdie vertolking was dat die burgers tot die einde van die agttiende eeu glad nie besonder godsdienstig was nie.

      Ander historici het weer die ontstaan van rassisme gaan soek by die konflik aan die oosgrens waar die burgers en Xhosas tussen 1780 en 1836 in ses grensoorloë betrokke was. Wat nooit verduidelik is nie, is hoe grensboere, wat baie min opvoeding gehad het, die veel meer ontwikkelde mense in Kaapstad en omgewing kon beïnvloed.

      Ná talle gesprekke op Lanzerac se stoep en baie briewe het ek en Rick ’n argument met vyf bene gehad. Die eerste been was die administratiewe raamwerk wat die Kompanjie neergelê het. Dit het onderskei tussen drie statutêre groepe, te wete amptenare, vryburgers en slawe. As arbeiders het die regering slawe (wat net swart of bruin was) uit Afrika en Oos-Indië ingevoer. Die vryburgers was amper uitsluitlik mense wat uit Europa gekom het.

      Oor die eerste 150 jaar van die nedersetting het die administratiewe statusgroep en ras/kleur al meer saamgeval. Die burgers was wit mense en die slawe was swart mense; die wat grond besit het, was wit en die mense sonder grond was swart of bruin. Daar was baie wit mense wat nie grond gehad het, maar hulle het die status van burgers gehad. Hulle het onder meer die grondbesitters se plase en vee help verdedig.

      Burgerstatus het met bepaalde regte, verpligtinge (byvoorbeeld kommandodiens) en status gepaard gegaan. So byvoorbeeld het die Kompanjie net burgers as heemrade en veldkornette aangestel. Tot diep in die negentiende eeu het lede van die burgergemeenskap hulle nie as ’n ras beskou nie, maar van hulself as burgers of “ingesetenes” gepraat.

      Die tweede element was demografie. ’n Aanvanklike wanbalans tussen mans en vroue in die Europese gemeenskap wat tot verskeie gemengde huwe­like gelei het, het teen 1725 grootliks verdwyn. Die Europese mans wat ’n Europese vrou kon kry, het getrou en ’n groot gros van die ander mans het ’n swart of bruin houvrou gevat. Die kinders uit laasgenoemde verbintenis is as ’n reël nie in die Europese gemeenskap opgeneem nie.

      In die derde plek was daar die rol van die kerk. Die predikante was amptenare van ’n handelsmaatskappy, te wete die Kompanjie, wat geen profyt daarin gesien het om swart of bruin mense te kersten nie. Wat die doop betref, het sommige predikante ’n onderskeid getref tussen gebore Christene (suigelinge wie se ouers Christene was en dadelik gedoop is) en gedoopte Christene wie se ouers nie Christene was nie. Hierdie mense moes dikwels eers bewys dat hulle die basiese dogma van die Christelike leer verstaan voordat hulle die doop kon ontvang.

      Nadat Shaping reeds gepubliseer was, het ek afgekom op die woorde van PB Borcherds, predikant op Stellenbosch. Hy moes aan die Britse goewerneur verduidelik waarom daar in so ’n groot distrik soos Stellenbosch so min slawe gedoop is. Borcherds het geantwoord dat hy die slawe nie kon doop voordat hulle sy vrae oor die Christelike leer bevredigend beantwoord het nie. Hy het verwag dat hulle die antwoorde uit hul kop moes ken. Volgens hom het hulle wel die “vreeze Gods” in hul harte gehad, maar was te “stomp” om die vrae te beantwoord.51

      In die vierde plek was daar die Romeins-Hollandse reg wat aan vroue in Nederland en Nederlandse kolonies meer regte as in enige ander regstelsel gegee het. In geval van owerspel kon die vrou skei en het sy die helfte van die boedel gekry. ’n Patroon het gedurende die agttiende eeu ontvou dat vroue voor mans lidmate van die kerk geword het en dat hulle daarop aangedring het dat mans wat ’n dogter die hof maak eers ’n lidmaat moes word.52

      Laastens was die ekonomie so eenvoudig dat daar nie ’n behoefte ontstaan het om ’n beperkte getal slawe hul vryheid te gee om poste te vul (byvoorbeeld dié van handelaars en soldate) waarvoor daar nie genoeg Europeërs was nie en waarvoor slawe nie geskik was nie. In sekere dele van Brasilië het daar om hierdie rede ’n tussenklas van mulatto’s ontstaan. ’n Bestel sonder ’n skerp rasseonderskeid het ontwikkel wat heeltemal anders was as dié van die Kaap.

      Cillié de Bruyn het gedurende die tyd dat ek en Rick aan ons slothoofstuk gewerk het, genealogiese navorsing in die argief gedoen waaruit ons kon aanhaal. Hy het gevind dat in ’n monster van die jaar 1807 net 5% van meer as duisend kinders ’n grootouer gehad het wat genealoë aandui as ’n nie-­Europeër. Ons slotsom was dat ’n gemeenskap teen 1800 ontwikkel het wat ondertrou het en wat ’n hoë mate van endogamie ontwikkel het. ’n Wit “nasie” het in Suid-Afrika ontstaan sonder dat daar in die begin enige plan was om een te “stig”. Die Kompanjie is opgevolg deur ’n Britse bewind wat op ’n ander manier maar ewe doelgerig wit mag en wit status verskans het.

      My werk saam met Elphick was die beste blootstelling wat ek kon kry aan die kompleksiteit van geskiedenis en die onbedoelde gevolge van historiese prosesse. Dit was ’n les wat my sou bybly en wat ek baie nuttig gevind het in die laaste kwart van die twintigste eeu toe die politieke orde weer wesenlik verander het.

      ’n Soms venynige debat

      In die laaste drie dekades van die twintigste eeu het ’n vurige debat op akademiese vlak gewoed tussen sogenaamde radikale en liberale. Dit is ontketen deur die verskyning in 1969 en 1971 van die twee bande van Oxford History of South Africa.

      Die debat het gegaan oor die vraag of die faktor van ras (wit versus swart) of klas (die besitters van grond en ander vaste goedere versus die besitloses) deurslaggewend in die evolusie van menseverhoudinge was. Liberale historici was geneig om te argumenteer dat bepaalde mites en bygelowe oor afkoms of ras (byvoorbeeld “Gam se geslag”, die Calvinistiese idee van uitverkorenheid en opvattings oor wit “genetiese” meerderwaardigheid) daarvoor verantwoordelik was dat wit mense swart mense onderwerp en uitgebuit het. Radikale historici (ook genoem Marxiste), aan die ander kant, het van die standpunt uitgegaan dat die dominante klas mense uitgebuit het, byvoorbeeld deur slawerny in die agttiende eeu of deur baie goedkoop arbeid in die twintigste eeu. Hulle het dit deur ’n rassistiese ideologie probeer regverdig.

      ’n Variant van hierdie vraag was die volgende: Was die Afrikaners, met bepaalde idees gevorm deur Calvinisme, slawerny, grenskonflikte en apartheid, die eintlike sondebokke in die politieke krisis van die land wat in die 1970’s begin oplaai het? Of was die eintlike skuldiges die kapitaliste met hul uitbuiting van veral swart werkers?

      Ek het van die begin af my voorbehoude oor die manier waarop die debat oor ras teenoor klas gevoer is. Daar was ’n neiging onder sommige liberale historici om rustig die Afrikaners te blameer vir rassekonflik in die geskie­de­nis terwyl hulle die Engelse gemeenskap al die krediet vir ekonomiese groei gegee het sonder om die groot ontwrigting en uitbuiting van die kapitalistiese stelsel raak te sien. Radikale historici soos Martin Legassick het hierdeur gesien en die liberale historici gedwing om selfondersoek te doen. Op hul beurt het die Marxiste nasionalistiese bewegings beskou as die werk van ’n “petty bourgeoisie” wat mense met praatjies oor kultuur gemobiliseer het om self die grootste voordeel uit die beweging te trek.

      Wat my verbaas het, was die arrogansie en venyn waarmee veral sommige radikale teen die liberale geveg het. Die antwoord was natuurlik dat dit nie net ’n akademiese debat was nie, maar ’n burgeroorlog onder die Engels­sprekende intelligentsia. As iemand geglo het klas is deurslaggewend was dit omtrent outomaties dat hy of sy ook geglo het dat kapitalisme die wortel van Suid-Afrika se probleem is en dat die antwoord in sanksies, boikotte en, vir sommige, СКАЧАТЬ