Название: Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg
Автор: Lilian Paramor
Издательство: Ingram
Жанр: Секс и семейная психология
isbn: 9780798159043
isbn:
Geslagsdele
Seuntjies se voorhuid is stewig aan die penis geheg en moenie teruggetrek word om dit skoon te maak nie. Die voorhuid sal eers teen vier jaar of selfs later losgaan, en op daardie tydstip moet hulle leer hoe om dit terug te trek en die penis skoon te maak om infeksie te voorkom. In die ou dae is daar geglo dat dit nodig is om ’n babaseuntjie s’n terug te trek, maar dit veroorsaak skeuring en pyn by onbesnyde seuntjies. As daar swelsel en rooiheid rondom die kop van die penis sigbaar is en urien in ’n ballon onder die voorhuid versamel omdat dit te styf span, is mediese ingryping moontlik nodig, maar origens moet dit liefs met rus gelaat word.
Besnydenis vind gewoonlik binne enkele dae ná geboorte plaas, maar sommige ouers besluit om dit later te laat doen – die tydsberekening is nie eintlik van belang nie. Die prosedure verloop vinnig en maklik en genees in die meeste gevalle binne ’n paar dae. Plaaslike verdowing word gewoonlik in die lies toegedien om pyn te verlig. Die meeste babas spartel en huil baie omdat hulle vasgehou word en aan soveel vreemde gesigte en stemme blootgestel word. Besnydenis is selde om mediese redes noodsaaklik, tensy die voorhuid oormatig styf span of daar voortdurend infeksie intree. Besnydenis is ’n baie persoonlike besluit, maar moenie verplig voel om dit te laat doen net omdat Pa besny is, of uit vrees vir gesondheidsprobleme nie. Godsdienstige en kulturele tradisies moet natuurlik gerespekteer word.
’n Dogtertjie se labia (die lippe rondom die vagina) moet saggies oopgevou word wanneer jy haar skoonmaak tydens ’n doekomruiling, aangesien van die stoelgang daar kan agterbly en infeksie kan veroorsaak. Daar mag moontlik aanvanklik ’n vaginale afskeiding van mukus en bloed in die doek wees. Moenie bekommerd wees nie, dit is net ’n reaksie op jou hormone in die baarmoeder en sal gou verdwyn.
Sowel seuntjies as dogtertjies se geslagsdele is gewoonlik geswel by geboorte en kan nogal baie prominent vertoon. Dit is enersyds hormonaal, maar ook gedeeltelik toe te skryf aan die drukking van die geboorteproses. Moet jou nie hieroor kwel nie, die swelsel sal binne ’n paar weke verdwyn.
Naels
Babas se naels groei baie vinnig en moet gereeld aandag kry. As Baba ná die verwagte datum gebore is, kan haar naels nogal lank en skerp wees. Hou hulle kort om te help voorkom dat sy haarself in die gesig krap, soos dikwels met klein babatjies gebeur.
Krapmerke aan Baba se gesiggie weens skerp, lang naels genees gelukkig baie vinnig danksy die uitstekende bloedtoevoer na die gesig. Die beste metode om die naels kort te hou is om ’n klein amarilbordjie te gebruik. ’n Naelknipper is beter en veiliger as ’n naelskêr.
Die beste tyd om Baba se naels met ’n naelskêr of naelknipper te knip, is terwyl sy slaap. Doen net ’n paar vingers op ’n keer sodat jy haar nie steur nie. Dit voorkom dat jy dalk ’n vingertjie raak knip. Party ma’s kou die naels af, maar dit is nie raadsaam nie, aangesien die nael kan inskeur.
KLEIN BABATJIES EN SLAAP
Die volgende perspektiewe en wenke kan jou dalk help om die hele slaapkwessie te verstaan en te oorleef. Raadpleeg ook die uitgebreide hoofstuk oor hierdie onderwerp.
Perspektiewe op slaap
•Die meeste babas slaap nie genoeg na hul ouers se sin nie – waarskynlik omdat die ouers onrealistiese verwagtinge koester.
•Babas se fisiologiese slaappatrone verskil van ouer kinders en volwassenes s’n.
•Swak slaappatrone is dikwels oorerflik.
•’n Traumatiese swangerskap en geboorte dra dikwels by tot ’n rustelose slaappatroon.
•Angstige ouers se babas is geneig om onrustig te slaap.
•Oudste kinders slaap gewoonlik onrustiger.
•Babas wie se ouers albei heeldag buite die huis werk, word dikwels meer gereeld wakker snags.
•Baie faktore in die lewe van ’n baba of klein kindjie, soos koliek, tande kry, siekte, immunisering en angstigheid, verhoog die kans dat hulle snags sal wakker word.
•Party babas ruil dag en nag om in die eerste paar weke.
•Swak slaappatrone kan ’n gewoonte word as dit nie reg hanteer word nie.
•Ouers wat verkies om nie self alleen te slaap nie, het moontlik onrealistiese verwagtinge van hul babas.
•Party babas het ’n aktiewe droomlewe wat hulle laat wakker skrik.
•Babas se slaappatrone verswak soms ná inentings.
Slaapwenke
•Behandel jou eie angstigheid met ontspanningstegnieke, homeopatiese Rescue Emotion en ’n meer geroetineerde lewenstyl.
•Moenie jou baba kwalik neem vir sy nagtelike eskapades nie, hy sal dit aanvoel en net meer dikwels wakker word weens angstigheid.
•Moet nooit op jou horlosie kyk hoe laat en hoeveel keer jy vir Baba moet opstaan nie.
•Lê Baba in haar eie kamer of bedjie neer wanneer sy in die dag slaap en met slaaptyd saans, maar sit haar in of langs jou bed wanneer sy die eerste keer die nag wakker word, sodat jy nie self helder wakker hoef te word wanneer jy in die loop van die nag na haar behoeftes moet omsien nie.
•Van omtrent ses weke af is dit nie nodig om snags doeke om te ruil nie, tensy Baba luieruitslag of ’n vuil doek het.
•Moenie Baba voed of optel sodra sy die geringste geluidjie maak nie.
•Moenie Baba wakker maak vir ’n voeding net voordat jy gaan slaap omdat jy dink dit sal haar langer laat slaap nie – ’n baba se slaappatroon word versteur as jy die “kernnagrus” onderbreek.
•Beperk snags jou interaksie met Baba tot die minimum, aangesien ’n geselsery, oogkontak en helder lig Baba wawyd wakker sal maak.
•Moenie wegskram van die gesinsbed nie – dit is dikwels net ’n kwessie van tyd tot Baba se slaappatroon volledig ontwikkel, en tot tyd en wyl het jy elke moontlike oorlewingswenk nodig!
•As Baba snags nie vaak is nie, maak seker dat die dagsorggewer haar nie langer as 2 uur op ’n slag laat slaap nie.
•Bou ’n afwenroetine in Baba se dag in deur van meer uitbundige na rustiger aktiwiteite oor te skakel.
•Masseer ’n swak slaper voor slaaptyd, en tussen sy wenkbroue en langs sy slape wanneer hy snags wakker word.
•Lê Baba neer voordat sy heeltemal aan die slaap raak aan die bors of met die bottel. Klop haar liggies op die ruggie om die proses te voltooi.
•As Baba oor die algemeen onrustig is, gee homeopatiese Rescue Rest of Chamomilla-tablette.
Gesondheidskwessies
Geen ma hou daarvan as haar baba nie lekker voel nie en dit is besonder ontstellend as so ’n jong babatjie siek word. In hierdie afdeling kyk ons na enkele algemene gesondheidsprobleme wat in die eerste drie maande kan opduik. Maar voor СКАЧАТЬ