Die Laaste sewe dae. Murray Janson
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Laaste sewe dae - Murray Janson страница 3

Название: Die Laaste sewe dae

Автор: Murray Janson

Издательство: Ingram

Жанр: Религия: прочее

Серия:

isbn: 9780796318305

isbn:

СКАЧАТЬ En dít is die vrede wat gesoek moet word. Dít is die vrede wat Jesus wou bring. Sy wil was dat die volk van God – ja, die hele wêreld – Hom sou volg sodat Hy hulle na die tempel kon lei en vrede tussen God en hulle kon bewerkstellig. Maar op hierdie dag weet die mense in Jerusalem nie wat vir hulle vrede sal bring nie. Hulle dink vrede sal aanbreek wanneer hulle die Romeine aanval; maar dit sou net tot groter knegskap lei. Daarvan sien Jesus op hierdie oomblik ’n helder visioen, en daarom huil Hy bitterlik. Terwyl die stad voor Hom in die lentelig lê, sien Hy die dae wat kom, wanneer die vyande vestings teen die stad sal oprig, hom sal omsingel en van alle kante beleër (vgl Luk 19:43). “Hulle sal jou met die grond gelyk maak en jou inwoners uitwis. Hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die betekenis van die tyd toe God gekom het om jou te red, nie besef het nie” (v 44).

      Dit is die eindpunt waarheen die entoesiastiese skare gevoer word, en daarom huil Jesus. Hy laat Hom nie deur hul geesdrif meevoer nie, want in hul blye “Hosanna!” hoor Hy reeds die meedoënlose: “Kruisig Hom!” Toe hulle die takke van die bome afgebreek het, het Hy reeds gesien hoe hulle die takke van die boom verwyder waaraan hulle Hom sou vasslaan. Hul klere op die grond was reeds vir Hom die beeld van sy verdeelde klere in ’n bondel op die grond voor die kruis.

      Die opwinding van hierdie Sondag het soos ’n strooivuur uitgebrand toe Jesus nie na die Antonia-vesting nie, maar na die tempel gaan. So baie mense het dié indrukwekkende optog verlaat dat net ’n skrale dertien oorgebly het. Blykbaar het net Jesus en die twaalf by die tempel aangekom. En nadat Hy alles daar bekyk het, en omdat dit al aand was, het Hy en die twaalf na Betanië teruggegaan om weer daar te oornag (vgl Mark 11:11).

      Jesus het geweet daar was net een manier om ware vrede tussen God en die mense te bewerkstellig: Hy wat die Koning is, sou bereid moes wees om hul Hoëpriester te word en Hom vir hulle te offer; Hy sou bereid moes wees om die kloof tussen God en mens met sy lewe te oorbrug. En Hy was bereid om dit te doen. Daarom het Hy die versoeking van hul geesdrif weerstaan, en daarom was Hy die volgende oggend terug in Jerusalem.

      Die eerste dag van die laaste week wat so feestelik begin het, was vir Jesus dus eintlik ’n dag van onpeilbare smart: die dag van die begin van sy lyding en die eerste tree op die pylvak van sy Via dolorosa.

      DIE MAANDAG

squig.jpg

      ’n Sweep in sy hand

squig.jpg

      “Toe het Hy met toutjies ’n sweep gemaak en almal uit die tempel uitgejaag […]” (Joh 2:15).

      Jesus het verkies om in Betanië te oornag, eerder as in die oorvol Jerusalem. (Die Joodse geskiedskrywer, Josefus, het bereken dat daar tydens die Paasfees oor die twee miljoen mense in Jerusalem byeengekom het. Miskien ’n oordrewe skatting; tog is dit waar dat baie mense die Paasfees bygewoon het.) Maar soggens het Hy telkens na die stad teruggekeer om sy werk te verrig – die werk van sy laaste week op aarde.

      DIE VLOEK OOR ’N VYEBOOM

      Die Maandagmôre het Hy sy eerste taak reeds buite die mure van die stad volvoer. Nog voor ontbyt is Hy al op pad. Skielik draai Hy na ’n vyeboom wat in die vroegsomer in ’n weelderige blarekleed uitgedos staan. Markus meld dat dit (nog) nie vyetyd is nie, maar dat Jesus desondanks hoop om vye aan die boom te vind. En toe Hy niks kry nie, vervloek Hy summier die vyeboom – en dit word onmiddellik van krag, want die volgende oggend merk die dissipels met verbasing dat die blaarryke vrugteboom van gister verdroog daar staan.

      Sedert die vroegste tye is al probeer om die onverbiddelikheid in Jesus se optrede minder skerp en meer aanvaarbaar te maak. Soos dat sekere vyebome tog wel teen daardie tyd vrugte kon gedra het. Maar die evangeliste doen dit nie. Markus skryf dat dit nog nie die tyd vir vye was nie, maar dat Jesus nogtans verwag om vye te kry om te pluk.

      Die probleem met ons en ons verklarings is dat ons soveel beperkings op die Here en sy evangelie plaas; dat ons ons so maklik by die sonde en die gevolge daarvan neerlê. Jesus het in elk geval nie so gedink nie, en die skrywers van die Evangelies het iets daarvan begryp. Daarom het hulle alles wat gebeur het, net so opgeteken, sonder om dit met allerlei verklarings meer aanneemlik te probeer maak.

      God het die mens in ’n besondere verhouding tot die natuur geskape. Hy het die heelal onder die voete van die mens gestel sodat die mens daaruit kon lewe, dit kon onderwerp en die God se plan tot volvoering kon bring (vgl Gen 1; Ps 8).

      Daarom dra bome vrugte: Dit is ’n Goddelike wonder. God wil nie hê dat daar ’n gebrek aan voedsel sal wees nie. Maar dat ons “die lewe kan hê, en dit in oorvloed” (Joh 10:10). Daarom sal die boom op die oewer van die kristalrivier op die nuwe aarde elke maand sy vrugte lewer (vgl Op 22:2). Niemand sal daar tevergeefs na ’n vrugteboom hoef te stap nie.

      Wanneer Jesus die vyeboom vervloek, maak Hy daarmee beswaar teen die breuk wat die sonde in die wêreld veroorsaak het, sodat die verhouding tussen mens en natuur afgebreek is; sodat bome soms net met hul blare en dikwels net met kaal takke in die son sal staan, sodat mensekinders tevergeefs na voedsel sal hunker en van honger sal sterf.

      Jesus maak beswaar daarteen net soos Hy met sy wondertekens in verset gekom het teen siektes en pyn en trane en die dood in hierdie mooi skepping van God. Hy gryp daarmee vooruit na die vrede en harmonie en versadiging van die nuwe wêreld, waarvoor Hy met sy kosbare lewe sal betaal. Hy verklaar daarmee dat Hy bereid is om aan ’n droë kruisboom weg van God vervloek te word, sodat die verhouding tussen God en mens, tussen mens en mens, en tussen mens en natuur weer herstel kan word sodat die nuwe aarde gouer kan kom.

      Jesus vervloek ’n vyeboom. Maar in werklikheid kies Hy ook hier weer die kruis. Daarom word dit aangeteken as een van die treë op sy kruisweg.

      ’N SWEEP IN SY HAND

      Nou haas Jesus Hom na die tempel. Volgens Markus het Hy die vorige middag by die tempel “alles daar bekyk” (11:11). Blykbaar het Hy toe reeds raakgesien wat die mense met die huis van sy Vader doen.

      Dit was ’n ou verordening in Israel dat elke Jood en proseliet jaarliks ses gram silwer as tempelbelasting moes betaal en wel tydens die Paasfees. Dit was nie ’n groot bedrag wat die Here een maal per jaar as ’n offergawe vir sy saak gevra het nie – minder as twee dae se loon. Maar dié betaling moes “volgens die standaardgewig van die heiligdom” (Eks 30:13) geskied. ’n Heidense munt met heidense opskrifte en afbeeldings daarop – wat in Jerusalem volop was – is dus nie in die offerkis toegelaat nie. Dit kon ’n groot probleem vir die volk veroorsaak. Daarom het die tempelowerhede die mense op ’n heel besondere wyse tegemoetgekom deur kraampies met geldwisselaars beskikbaar te stel – sonder winsoogmerk, sou ’n mens aanneem. Maar ongelukkig was dit nie vanselfsprekend nie.

      Omdat die tempelsikkel (soos die muntstuk destyds genoem is) later so skaars geword het dat dit die alleenbesit van die wisselaars was, was alle Jode verplig om van hul dienste gebruik te maak. En monopolie gaan maar alte dikwels met uitbuitery gepaard. Die wisselaars se kommissie het al meer geword en die volk moes dit gedweë aanvaar. Dit het later vir die tempel ’n betalende bedryf geword, en almal was daarvan bewus dat die vorige hoëpriester, Annas, ’n groot aandeel in alles gehad het – daarom is daar dikwels na hierdie stalletjies verwys as die “winkels van Annas”. En omdat dit onder die beskerming van die hoëpriester gestaan het, het die kraampies al nader aan die tempel gekruip totdat hulle later binne-in die tempel gestaan het.

      Bowendien is nie net Joodse sikkels in die Annas-stalletjies te koop aangebied nie. Goedgekeurde СКАЧАТЬ