Название: Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Huistaal
Автор: Riens Vosloo
Издательство: Ingram
Жанр: Учебная литература
Серия: Piekfyn Afrikaans
isbn: 9781775891024
isbn:
Die wolfkoningin
I.D. du Plessis
Prelees – groepbespreking
In volksverhale speel diere menslike rolle. Dink jy hierdie verhaal gaan oor die leier van ’n wolftrop? Hoekom sê jy so?
In Afrika kom ook wolwe voor, maar ons noem hulle by ’n ander naam of net ’n deel van die naam sluit “wolf” in. Noem soveel hiervan op as wat jy ken.
Die verhaal
’n Ou sultan wat baie jare oor sy land geregeer het, moes op ’n dag deur ’n woud ry. Dit was ’n mooi somersdag en die voëls het oral in die bome gesing, maar die sultan het dit nie gehoor nie. Sy gedagtes was by sy vrou wat ’n paar maande tevore gesterf het en oor wie hy nog altyd getreur het. Die volk wou ’n nuwe sultane hê, maar nie een van die hofdames het die sultan aangestaan nie.
Dit was warm en die sultan was dors. Toe hy met sy gevolg by ’n houtkapper se hutjie in die bos kom, laat hy by die deur aanklop om water te vra.
’n Pragtige meisie maak die deur oop. So mooi is sy dat die soldaat wat aangeklop het sy oë nie kan glo nie. Hy vergeet skoon waarom hy daar is.
Ongeduldig laat die sultan hom roep. “Wat staan jy daar en ginnegaap? Het die mense dan nie drinkwater nie?”
“Vergewe my, o, Vors!” sê die soldaat. “Ek wou vra, maar die meisie wat die deur oopgemaak het, is so mooi dat ek my woorde heeltemal kwyt was.”
Die sultan gaan toe self kyk, en waarlik, so ’n lieflike mens het hy nog nooit gesien nie. Hy drink die water, bedank haar vriendelik en vertrek.
Maar die meisie se gesig kon hy nie vergeet nie.
Die volgende dag gaan hy weer daar water drink, en die derde dag weer.
Toe word die meisie bang, want sy kan sien die sultan is verlief op haar en is van plan om haar tot sultane uit te roep.
Nou sou ’n mens dink dat enige meisie maar te bly sou wees om sultane te word, maar hierdie eenvoudige houtkappersdogter was reeds verlief en wou geen ander minnaar hê as dié aantreklike jong wazir aan wie haar hart behoort het nie.
Ná die derde besoek het die sultan ’n paar dae weggebly. Die meisie was bly, want sy het gedink hy het besluit om ’n ander vrou te kies. Maar net toe sy gerus raak, kom die sultan een middag alleen aangery op ’n pikswart perd met ’n bloedrooi saalkleed en koperklokkies wat rinkel as die perd sy passies maak.
“Amina,” sê hy, “ek wil hê jy moet sultane word. Sal jy my die jawoord gee?”
Maar sy dink gou aan ’n plan om uitstel te kry. “Ek het g’n mooi klere nie. Bring eers vir my ’n silwer rok.”
“Goed,” sê die sultan.
Toe hy weg is, hardloop sy na die wazir se huis toe om raad te vra, maar hy is nie daar nie.
Die volgende dag kom die sultan aangery op ’n spierwit perd met ’n silwer saalkleed en silwerklokkies wat rinkel as die perd sy passies maak.
“Hier is die rok,” sê hy.
Maar Amina kyk die silwer rok skaars aan. “Nee, dis nie goed genoeg nie. Bring eers vir my ’n goue rok.”
“Goed,” sê die sultan.
Toe hy weg is, hardloop sy na die wazir se huis toe om raad te vra, maar hy is nie daar nie.
Die volgende dag kom die sultan aangery op ’n vosperd met ’n goue saalkleed en goue klokkies wat rinkel as die perd sy passies maak.
“Hier is die rok,” sê hy.
Maar Amina kyk die goue rok skaars aan. “Nee, dis nie goed genoeg nie. Bring eers vir my ’n diamantrok.”
Nou begin die sultan regtig ongeduldig raak, maar Amina glimlag so mooi met hom dat hy belowe om dit te doen.
Toe hy weg is, hardloop sy weer na die wazir se huis toe. Hierdie keer is hy daar, en Amina vertel hom alles en vra sy raad.
“Daar is ’n uitweg,” sê die wazir toe sy klaar is. “Neem hierdie towerring en dra dit altyd aan die middelste vinger van jou linkerhand. Neem ook hierdie wolfvel. Wanneer die sultan môre kom en hy wil jou na die paleis toe neem, gaan na jou binnekamer, trek die vel om jou, vrywe die ring, en dan sing jy:
Nasoedindi
Ja terima batoeng.
Bira, bira,
Nokiaoela,
Bira, bira,
Nokiaoela.
Die volgende middag kom die sultan aangery op ’n appelblou skimmel met ’n saalkleed met diamante versier en glasklokkies wat rinkel as die perd sy passies maak.
“Hier is die rok,” sê hy.
Hierdie keer bewonder Amina die rok en vra die sultan om binne te kom. “Wag hier in die voorkamer,” sê sy. “Ek wil dit gaan aantrek.”
Maar in plaas van om die rok aan te trek, slaan sy die wolfvel om haar skouers, vrywe die ring en sing die woorde van die wazir.
Die sultan het gewag en gewag, maar toe Amina ná ’n halfuur nog nie verskyn het nie, gaan hy by haar kamerdeur klop. Daar is geen antwoord nie. Weer klop hy, en toe sy steeds geen antwoord gee nie, maak hy die deur oop.
Op die bed lê ’n wolf met haar kop op haar voorpote en vlammende oë wat elke beweging van die sultan dophou. Toe die sultan sy swaard gryp, spring die wolf deur die venster.
Van Amina is daar geen spoor nie.
Die sultan het treurig na sy paleis toe teruggegaan, want nou het hy geweet hy sou Amina nooit as bruid daarheen neem nie.
Maar Amina sou nie so maklik daarvan afkom nie. Toe sy die ring vrywe om weer mens te word, kan sy nie die liedjie onthou nie. Doelloos en beangs dwaal sy in die wolfvel rond totdat ’n jaggeselskap op haar afkom.
“Kyk, dis ’n mak wolf,” sê een van die jagters toe Amina versteen voor hulle staan en nie kan weghardloop nie.
Hulle vang haar in ’n hok op die landgoed van die wazir. Maar hy was siek in die bed en het niks van die vangs geweet nie.
Dié middag net voor die son ondergaan, bring twee jagters vir die wolf water en ’n СКАЧАТЬ