Ware verhale van vergifnis. Helana Olivier
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ware verhale van vergifnis - Helana Olivier страница 11

Название: Ware verhale van vergifnis

Автор: Helana Olivier

Издательство: Ingram

Жанр: Религия: прочее

Серия:

isbn: 9780796315717

isbn:

СКАЧАТЬ hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”

      (vry vertaal vanuit Lukas 23:34)

      Op daardie tydstip het ek gedink ek sou nooit weet wie hierdie verskriklike daad gepleeg het nie. Ek het die Here God gevra om die onvergeeflike te vergewe. Ek was nog te hartseer om selfs daaraan te begin dink om self te vergewe.

      Terwyl ons in haar woonstel in Forest Hills, Mowbray, besig was om haar goedjies op te pak, het die appelkiste vol studienotas wat sy onder haar hoë eikehout dubbelbed gestoor het die sinloosheid van haar dood by ons ingehamer. Die trane het ongehinderd uit my oë gestroom en my sodanig verblind dat ek eers nadat ons klaar was, agtergekom het my trouring is weg. Die ring kon afgeglip het terwyl ek rommel in die stortbak weggegooi het. Was dit dalk simbolies van die stremming wat haar dood in ons huwelik veroorsaak het? Nie net vanweë ons verlies nie, maar ook omdat ons so verskillend daarop gereageer het. Ons voorvaders het hulle laat geld: Johann s’n Afrikaans, met Franse en Nederlandse afstamming; en met my Engelse en Duitse bloed het ons twee die Anglo-Boereoorlog laat herleef. Ons kon ons huwelik vernietig het. Amper het ons. Ek het my trouring in my kar se bagasiebak gekry. Gered – en tot vandag toe ’n verligting. Ons het die storms trotseer en met verloop van jare het ons vrede en sin gevind.

      Ek het Letlapa ontmoet by die bekendstelling van sy eerste boek, Child of the soil – my life as a freedom fighter, by die Waterfront in Kaapstad. Ná die perskonferensie het ek opgestaan en gesê wie ek is en wat my verwantskap met Lyndi is. Ek het hom gevra of hy nie die Waarheid-en-Versoeningskomissie (WVK) as onbelangrik afgemaak het deur nie die verrigtinge by te woon nie. Hy het egter gevoel die WVK het die feit dat hulle in ’n oorlog betrokke was as onbelangrik afgemaak deur sy kaders as gewone misdadigers te behandel terwyl die lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), wat erger gruweldade gepleeg het, steeds in die (SANW) was. Hy wou ook weet waarom advokate moes gaan. (Die drie jong manne wat die aanval uitgevoer het, is elkeen vir 25 jaar tronk toe gestuur. Hulle het vier jaar van die vonnis uitgedien en toe het die WVK aan hulle amnestie verleen.)

      Die “ander” werklikheid het ’n oomblik lank deurgeskemer en ek was geskok. Letlapa het van die podium afgestap en ons gesin kom uitnooi vir ’n gesprek. ’n Paar dae later het ek en hy byeengekom in die Pan Africanist Congress (PAC) se kantoor in die parlement en ons harte uitgepraat. Ek het hom my vergifnis aangebied en hom gevra of hy ’n gelowige is. Hy het gesê hy is in die versoeking om, net om die goeie gesindheid te bewaar, ja te sê. Maar hy het besluit om ter wille van ons verhouding vorentoe, eerlik te wees. Hy is ’n ateïs.

      Ek het die genadige Vader begin aanvoel, gevoel hoe Hy my help – ’n mag buite my sfeer – om verantwoordelikheid te aanvaar vir my vergifnis en vir die moontlikheid van versoening.

      Letlapa het my genooi om sy tuiskomsseremonie in Manaleng in Limpopo by te woon en hulle toe te spreek. Ek het die uitnodiging aanvaar en sy mense om verskoning gevra vir die skande en vernedering wat my Britse voorvaders hulle deur verslawing, kolonialisme en apartheid aangedoen het. Ek het daarop gewys dat geweld telkens geweld uitlok en dat ons dit moet stopsit.

5.jpg

      Ek het vir Letlapa ’n gelamineerde collage van Lyndi se lewe en haar graf gegee. Onderaan die collage was ’n inskripsie:

      Aan Letlapa Mphahlele

      Ons is kinders van hierdie aarde, ons het mekaar se bloed gestort. Nou sal ons sweet en bloed die messelklei word waarmee ’n nuwe land gebou word.

      Van Ginn Fourie (vry vertaal)

      Letlapa, en die gemeenskap van Manaleng en die omliggende distrik, het my ten volle aanvaar en my voorvaders vergewe vir wat hulle in hierdie land gedoen het. Letlapa het wel bygevoeg dat daar nog ’n lang pad voorlê na versoening in ’n land waarin daar nog soveel armoede is terwyl soveel weelde heers.

      As ’n wederkerige gebaar het Letlapha in Januarie 2003, by ’n vol versoeningsvergadering in Khayelitsha in die Wes-Kaap, vir my ’n gedig geskenk. Dit het die man se diepgewortelde integriteit, sy inspirasie, gevoeligheid en poëtiese siel aan die wêreld gedemonstreer. Dit het my tot trane van vreugde geroer:

      Aan Lyndi Fourie

      Vergeef ons doofheid

      Ons ore is ingestel op stemme van dooies

      Wat ons uit jou graf beraad

      Ons laat spring soos jy stil beveel

      Hande wat die donder op jou gesit het

      Net nege somers gelede

      Bewe hierdie somer voor jou troon

      In die skemer van ons lewe

      Die kwaai soldaat, ingewaai uit die bos

      Het vergeefs probeer haat

      Net goed seergemaak

      Deesdae skrop die guerilla rond in die bos

      Na kruie

      Om hartseer geswolle harte te heel

      Wys ons

      Hoe om ons donderende woede te demp

      Hoe om riviere van trane te stu

      Hoe om lag en land te deel

      Grond en lag

      Vergeef ons stompsinnigheid

      Ons siele is ingestem

      Om ag te gee op profesie

      Langs die graf van die Profeet

      Wie se bloed ons vergiet het

      Wie se leringe ons bespot het

      Terwyl Hy met ons was (vry vertaal)

      Nadat ek hierdie diepsinnige geskrif ontvang het, het ek ontdek dat daar Suid-Afrikaanse kruie is met die name Sceletium en Griffonia, wat die onttrekkingsimptome van verslawing kan demp – dus werklik “kruie om hartseer, geswolle harte te heel”.

      Letlapa is tans die president van die PAC en gebruik sy talle vaardighede om uiteenlopende faksies van die party byeen te bring. Die Lyndi Fourie-stigting se visie is om veterane aan albei kante van die struggle wat aan post-traumatiese stres-sindroom ly, op groot skaal te bemagtig, en om die plaas waarop dit gedoen gaan word, volhoubaar te maak.

      Nou, ná negentien jaar op die vergifnispad en goed op koers na versoening, werk ek en Letlapa gemaklik saam. Hoe bevoorreg is ons om as mense wat vergewe is, in genade uit te reik na elke persoon wat ons teëkom.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить СКАЧАТЬ