Elza Rademeyer Omnibus 4. Elza Rademeyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Elza Rademeyer Omnibus 4 - Elza Rademeyer страница 3

Название: Elza Rademeyer Omnibus 4

Автор: Elza Rademeyer

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624053682

isbn:

СКАЧАТЬ nie. Al wat sy het, wat baie van hulle nie het nie, is ’n stewige erfporsie wat haar ouers aan haar nagelaat het. Tog beteken dit ook nie veel nie, want sy kan nie eens ’n motor bestuur nie. Dus weet sy maar bitter min van die wêreld anderkant Biesiesdal. Vandat sy maar kan onthou, was tant Mart se losieshuis haar tuiste, en nadat sy in die Paarl vir onderwyseres gaan leer het, het sy teruggekom Biesiesdal toe. Te bang om alleen die vreemde wêreld daar buite te gaan aandurf, het sy maar liefs in oom Josie se slaghuis kom werk. So is sy darem by die mense wat sy liefhet. By tant Mart wat haar aangeneem het soos ’n eie dogter en by oom Josie wat op sy beurt weer glo sy is eintlik sý dogter. Twee liewe, goeie mense, al is die een net soos die ander. Twee regte ou korrelkoppe en alewig aan die baklei.

      “Hoekom eet jy so sleg?” wil tant Mart weet toe sy die eetkamer binnekom en Jessica se bord bekyk. “Smaak die kos altemits sleg?”

      “Daar’s nie fout met die kos nie, tant Mart. Ek is net nie honger nie. Oom Josie het toe iemand gekry wat Saterdag sal saamry Kaap toe om my motor terug te bring.”

      “En wie is dit? Tog nie ou dowe Klaas van – ”

      “Nee, tant Mart,” onderbreek Jessica haar sin. “Dis ’n nuwe intrekker. Tante sal hom nie ken nie. Hy’t Geluk gekoop en kom nou hier boer. Sy naam is Bennie de Lange.”

      “Ek sien. En hoe lyk die man? Is hy al getroud, of is hy straks ’n wewenaar?”

      Jessica sien dadelik deur tant Mart se nuuskierigheid en die duiwel kom sit op haar skouer. Sy gooi haar arms in die lug en los ’n regte wolwefluit. “Die mees fantastiese man wat ek nog ooit op twee bene sien loop het! Hy is eenvoudig wonderlik! Om die waarheid te sê, ek is smoorverlief.”

      “Moenie vir jou staan en laf hou nie, kind. ’n Mens raak nie so gou verlief nie. Nie sommer met die eerste oogopslag nie.”

      “Wil tante wed?”

      Tant Mart vryf haar brilglase skoon en loer dan agterdogtig na Jessica se blosende wange. Daar steek waaragtig waarheid in die kind se woorde, dink sy ’n bietjie beangs. Vanwaar anders die blinkheid in haar oë?

      “Jessica, is jy ernstig?”

      “Natuurlik is ek ernstig.”

      “Maar jy ken mos nog nie die man behoorlik nie?”

      “Ag, ek weet al alles wat ek behoort te weet.”

      “Soos wat?”

      “Wel, dat sy vrou al drie maande lank dood is. Dat hy dus ’n wewenaar is, en dat hy skatryk is. Dus sal hy my nie probeer inloop met my erfporsie nie.”

      “Hoe oud is hy?”

      “Nie meer ’n kind nie, maar ook nie te oud nie. Ek het hom nou nog nie gevra hoe oud hy is nie, maar sy oudste kind is glo tien jaar. Die ander vier is nog klein. Dis nog net die oudste wat in die skool is.”

      Tant Mart se oë dop hemelwaarts. So iets moes sy te wagte gewees het. Dié dat Jessica nooit sinnigheid in die jong mans van Biesiesdal kon kry nie. Sy soek toe al die tyd ’n soort vaderfiguur vir ’n man. Seker oor sy nooit self haar pa geken het nie. Arme kind!

      Op ’n ingewing besluit Jessica ook om nie vir tant Mart reg te help nie. Die ou grappie kan tog nie skade doen nie.

      Oom Josie steun haar ook nog in die besluit toe sy later die middag in die slaghuis vir hom daarvan vertel.

      “Nee, maar dis reg. Laat ou Mart ook vir ’n slag naels kou. Maar, Jessica, Bennie de Lange lyk nie sleg nie, nè? Ek moet sê, ek het dadelik van hom gehou. Hoe bloos jy dan nou so, kind?”

      “Onsin,” probeer sy die waarheid verbloem. Ons moet tant Mart net reghelp voor Saterdag, dink sy in haar enigheid. Tant Mart is kapabel en loop praat voor Bennie van sy oorlede vrou en span kinders! Dan skaam sy haar so sweerlik morsdood.

      Dis dan ook nie lank nie, of die sifdeur klap weer oorverdowend in oom Josie en Jessica se ore.

      “Joos, wat is dit dié van ’n man wat Jessica se motor sal bestuur uit die Kaap uit?”

      Oom Josie leun dadelik oor die toonbank en laat sak sy stemtoon. “Ou Mart, jy moet die man sien! Uit een stuk, seg ek vir jou. En as ek reg opgelet het, was dit liefde met die eerste oogopslag tussen hom en ons ou doggie.”

      “Maar sy sê dan vir my sy vrou is nou die dag eers begrawe! Hoe kan jy sulke dinge loop staan en goedpraat? Wat weet my ou dogtertjie van kinders grootmaak en als?”

      “Moenie jou daaroor bekommer nie. Hý sal haar leer. En weet jy wat? Hy’t net sulke rooi hare soos Jessica. Dink net, hulle kinders gaan almal sulke rooikoppies wees.”

      “Behoede my! Die man het dan al vyf! Wil jy hê my kind moet haar doodwerk aan kinders grootmaak?”

      “Jessica is nie jou kind nie, ou Mart. Sy is net so goed my kind ook as wat sy joue is. Wie’t haar na jou toe gebring die dag na haar ouers verongeluk het? En wie het deur al die jare haar losiesgeld betaal? Ek wat Joos is! Moet nou nie foeter om in my kind se pad na geluk te wil loop staan nie.”

      “O, Joos Landman, nou word ek skielik nie meer gereken nie, nè? Wie dink jy het in die nagte vir haar opgestaan, by haar bed gewaak toe sy haar kindersiektes gekry het, saam met haar skool toe gestap toe sy nog so klein was, en wie voed haar nou nog elke dag? Maar noudat sy verlief is, nou word ek van die katel afgestamp. Maar dis maar reg so. Ek is gewoond daaraan om altyd die minste te wees. Al wat ek jou sê, is dit: As Jessica seerkry deur hierdie vreemde skepsel wat jy besig is om aan haar op te veil, sal jy bars. Jy wat Joos Landman is!”

      “Ag, ou Mart, dit sal nie help om smartvraat te speel nie. Jessica was al mondig en sy …”

      Oom Josie se sin bly in die lug hang, en Jessica wens die aarde wil oopgaan en haar insluk. Heelhuids! Want die persoon wat so pas die slaghuis binnegekom het, is niemand anders as Bennie de Lange nie, en tant Mart se oë is klaar opsommend op die mannetjie gerig. Dog, die oomblik toe oom Josie en Jessica albei die ergste vrees, draai tant Mart om en verlaat die slaghuis met ’n kopknik in die vreemdeling se rigting.

      Jessica kan nie ’n sug van verligting onderdruk nie, en Bennie glimlag skielik breed in haar rigting. ’n Glimlag wat haar hartklop tot ’n gevaarlike tempo laat versnel.

      “Sug jy oor jy moeg is?” vra hy geïnteresseerd, en gee haar so ’n warm glimlag dat haar kop dreig om te duisel.

      “Nee, agge, ja,” stamel sy verbouereerd, en verwens die blos wat sy so van haar keel af voel opstoot.

      “Ek het net kom hoor wat ek Saterdag moet aantrek. Is dit ’n formele besigheid, die oorhandiging van jou motor?”

      “Gits, ek weet nie. Ek het nooit daaraan gedink om te vra nie. Maar ek gaan nie optof vir die besigheid nie.”

      “Dink jy ek kan maar met ’n langbroek en sportbaadjie gaan?”

      “Natuurlik!” Sy byt vinnig haar onderlip vas. Amper het sy nou vir hom gesê hy sal in ’n meelsak ook goed lyk.

      Hy gesels nog eers vir ’n rukkie met oom Josie voordat hy loop, en Jessica betrag hom onderlangs met sterre in haar oë. Hy is beslis alles wat ’n meisie in ’n man kan begeer!

      Oom Josie kyk laggend СКАЧАТЬ